Leesvordering:

Afrikaans is Lekker-konsert oortref weer alle verwagtinge in Australië en Nieu-Seeland

Jun 28, 2018

Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat gehou word in Australië en Nieu-Seeland. Die Suid-Afrikaanse byeenkoms word aangebied deur South African Events. Vanjaar het kunstenaars soos Theuns Jordaan, Nianell, Refenste, Dowwe Dolla, Jacques du Plessis and Snotknop Suid-Afrikaners in die buiteland vermaak.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir Suid-Afrikaanse Diaspora het vier van die vyf konserte uitverkoop. Ná slegs twee konserte was die kunstenaars se CD’s uitverkoop. Wêreldwyd het as trotse borg opgetree vir Afrikaans is Lekker. “Ons borg, want dit is vir ons belangrik dat Afrikaners buite ons land informeel kan saamkom en steeds hul Afrikanerskap kan vier, of hulle nou gaan terugkom of nie. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.”

Die 2018-toer het die naweek tot ’n einde gekom in Melbourne. Daar was ook optredes in Brisbane, Perth, Sydney, Wellington en Auckland.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest