Kom geniet Bok van Blerk, Ricus Nel en Refentse saam met South African Events in Kanada. Afrikaans is Lekker gaan elke jaar jou gunstelingkunstenaars Kanada toe bring. South African Events het vier jaar gelede in Australië en Nieu-Seeland begin met Afrikaans is Lekker. Dit is deesdae die voorste Afrikaanse geleentheid wêreldwyd, en voortaan word Kanada ook ingesluit. Die toer stel ons in staat om meer kunstenaars in een vertoning te hê.

Bok van Blerk het in 2006 bekend geword vir sy weergawe van De la Rey en het een van die bekendste Afrikaanse kunstenaars geword met treffers soos Afrikanerhart, My Kreet, Steek die vure aan en Sing Afrikaner sing.

Ricus Nel se debuutalbum, Sak en Pak, is op 15 Augustus 2011 vrygestel. Hy is bekend daarvoor dat hy 13 instrumente kan bespeel. Sy tweede album, Sout van die Aarde, is op 28 Junie 2013 by die Innibos Nasionale Kunstefees vrygestel. Sedertdien het hy ’n bekende naam in Suid-Afrika geword met die treffer Hardekole. Ricus is getroud met die Afrikaanse sangeres Liza Brönner, wat nou hul eerste seun verwag.

Refentse Morake het ’n alombekende naam geword in die Afrikaanse gemeenskap. Nadat Cecilia Marchionna (Tannie Kleintjie) ’n video van hom waarop hy in Vereeniging se strate sing op die internet gelaai het, was dit duidelik dat Refentse iets spesiaals tot die Afrikaanse musiektoneel kan bydra. In 2015 het Refentse die internet in beroering gehad met De la Rey en Laurika Rauch se treffer Lisa se klavier. Hy het kitsroem verwerf onmiddellik nadat die video’s op die internet gelaai is.

Wêreldwyd tree op as borg vir die Afrikaans is Lekker 2018-toer in Kanada, want dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul Suid-Afrikanerskap kan vier – of hulle nou gaan terugkom of nie. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs, en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.

Kom sing, lag en raak nostalgies saam met hierdie ongelooflike kunstenaars wanneer hulle in Toronto, Calgary en Vancouver optree.

Die datums is soos volg:

21 September 2018: Afrikaans is Lekker Toronto, Royal Banquet Hall
22 September 2018: Afrikaans is Lekker Calgary, University of Calgary – Mcewan Hall
23 September 2018: Afrikaans is Lekker Vancouver, Hard Rock Casino Vancouver

Maak seker jy loop nie hierdie optrede mis nie. Bok bring sy band saam, en met die drie kunstenaars gaan dit ’n groot kuier wees. SA Events hoop die toer word so goed ondersteun dat hulle Afrikaans is Lekker elke jaar na Kanada kan bring. Deel asseblief met al jul vriende en bring sommer ’n paar saam.

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop.

PROMOSIE: Kry afslag op jou Afrikaans is Lekker 2018 Kanada-kaartjies!

Teken in op Wêreldwyd se nuusbrief en ontvang ’n afslagkode vir Afrikaans is Lekker 2018 – Kanada. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za om jou afslagkode te ontvang. Indien jy reeds op die Wêreldwyd-nuusbrief ingeteken is, kwalifiseer jy ook vir die afslag.

Alle intekenare ontvang 10%-afslag op kaartjies.

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Pin It on Pinterest