Leesvordering:

Afrikaanse hulpmiddels vir jou kind in die buiteland

Jul 19, 2023

Deur Alana Bailey

Wêreldwyd verneem dikwels van ouers wat in die buiteland woon, maar steeds graag hulle kinders Afrikaans wil leer of vir studie in Afrikaans by Akademia, Sol-Tech, of ander instellings wil voorberei.

Daar is allerlei hulpmiddels beskikbaar en ons verwys na enkele waarvan julle dalk nie weet nie, of waarvan julle moontlik reeds vergeet het.

ONDERRIG:

  • Wolkskool

Wolkskool is ’n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS). Dit is gestig met die doel om akademiese prestasie in Afrikaans enige tyd en op enige plek te help verbeter. As wêreldklas aanlynleerplatform bied dit meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in agt laerskool- en sestien hoërskoolvakke in Afrikaans aan. Die aanbod brei deurentyd uit en die nuutste tegnologie word aangewend om dit so gebruikersvriendelik as moontlik vir kinders en ouers te maak. Sien https://wolkskool.co.za/.

  • Weet

Weet is ’n inisiatief van Maroela Media. Dit is ’n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids wat aan kinders toegang gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans. Hulle kan dit gebruik om hulle Afrikaans te verbeter, hulle nuuskierigheid te bevredig, of natuurlik om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte te doen. Weet waardeer ook voorstelle van onderwerpe wat nog nie op die platform voorkom nie, maar wat julle dink daar moet wees. Sien https://weet.co.za/.

  • MOS se aanlyn tuisskool

Die MOS Inisiatief is ’n privaat maatskappy wat deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys gestig is. MOS staan vir die “Moedertaal in Onafhanklike Skole-beweging”. Die doel daarvan is om ’n Afrikaanse skolenetwerk te skep wat uitnemende onderrig in Afrikaans verseker en bevorder. MOS het ook ’n aanlyn tuisskool, MOS Wêreldwyd. Dit fokus daarop om bekostigbare Afrikaanse onderrig aan te bied wat kinders voorberei op ’n toekoms in die moderne wêreld, kritiese denke stimuleer en kreatiewe probleemoplossing bevorder. Sien https://www.moswereldwyd.co.za/.

HULP VIR TAALTAMELETJIES

  • VivA

VivA, oftewel die Virtuele Instituut vir Afrikaans, se hoofdoelstellings is om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou deur die bestudering van die taal, ontwikkeling van hulpmiddels vir gesproke en geskrewe Afrikaans en ’n aanlyn taaldiens. Die webtuiste bevat ’n magdom hulpmiddels – gaan speel gerus rond daarop om te sien wat vir kinders (en volwassenes!) beskikbaar is. Sien https://viva-afrikaans.org/.

  • Pharos

PharosOnline bied aan gebruikers aanlyn toegang tot ’n groot versameling algemene en vakwoordeboeke in Engels, Afrikaans en ander tale. Dit sluit ’n verskeidenheid tegniese woordeboeke in en word voortdurend uitgebrei en aangevul. Sien https://www.pharosonline.co.za/home.

VERMAAK OM TE GENIET, ASOOK WOORDESKAT EN TAALGEBRUIK TE VERSTERK

  • AfriForumTV

AfriForumTV is ’n gratis digitale platform wat gehalte visuele inhoud bied aan enigeen. Intekenaars kan verskeie kanale op hulle televisie, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-toep gebruik te maak. Dié platform het ook ’n aantal programme vir kinders, byvoorbeeld Kroonland se skuur (Bybelverhale vanuit diere se oogpunt), Klein Helde (’n animasiereeks wat tans ontwikkel word en meer oor historiese figure vertel) en Doen dit sommer self (stap vir stap lesse om self speletjies en versierings te leer maak). Dit is maar net enkele voorbeelde – die kanaal bied iets vir alle ouderdomme en alles is gratis. Sien https://afriforumtv.co.za/.

  • Storieman

Geslagte Afrikaanse kinders het met Storieman se verhale grootgeword. Salomé Adendorff se You Tube-kanaal bied hierdie geliefde stories en meer vermaak vir kinders aanlyn aan. Sien https://www.youtube.com/@salomeadendorff176/playlists

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest