Leesvordering:

Afrikaanse kykstof en luistermateriaal vir jou kleinspan

Okt 4, 2023

Deur Jeannie van Zyl

Dit is nou maar wors – televisie, flieks en gesofistikeerde animasie is deel van ons kinders se leefwêreld. Die op-jou-vingerpunt beskikbaarheid via YouTube en ander stroomdienste is soveel anders as ons kinderdae, toe ’n mens moes wag vir M-Net Oopkyktyd of vir ’n storie op ’n Saterdagoggend!

Behalwe vir die 24/7-alomteenwoordigheid van die media, is die boodskappe en tipe inhoud in party hedendaagse kinderstories vir baie ouers kommerwekkend. Ons wil so graag hê ons kinders se hartjies en gedagtes moet vir so lank moontlik onskuldig bly! Verder is dit vir baie gesinne belangrik om kinders soveel moontlik blootstelling aan hul moedertaal (in ons geval, Afrikaans) te gee.

Daarom het ons uitgereik na Boekwurm se gemeenskap van ekspat-ouers (en vriende en familie in Suid-Afrika) vir verwysings na oulike, opbouende en opvoedkundige Afrikaanse materiaal wat ons saam met ons kinders kan geniet. In hierdie artikel deel ek graag ons gunstelinge se skakels. Deel ook asseblief gerus julle voorstelle van nuwe, hoëgehalte-kinderstories in die kommentaar.

Ou gunsteling-TV-stories en -flieks

  • @Bezties: ’n Massiewe verskeidenheid sprokies van Simsala Slim, asook Lollos, Afrikaanse liedjies, Barney in Afrikaans, Die wysheid van die kabouters, Liewe Heksie, en Doffel, Babbel en Bekkie
  • Alles Afrikaans: Noddie, Romeo en Juliet, Storiehuis, Interster, Die Brakkers van Kammaland, Toby
  • AntekPistool: Brakanjan, Moemin, Katenova, Blousel en die Brakke, Honkedonk, Robbie, Teo, Wiekie die Viking, Nils Holgersson, Don Quijote, Pinocchio
  • Wonder Wêreld Kindermedia: Heidi, Lucky Luke, Wiekie die Viking, Pokkel die eekhoring, Brakanjan, Afrikaanse Kinderliedjies, Pinocchio, Bybelstories in Afrikaans, Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas
  • Nic Youtuber: Heidi in HD (Afrikaans)
  • 50/50: – Insetsels oor Suid-Afrikaanse natuurskoon, sommiges in Afrikaans

Nuwe stories om te kyk en luister

  • Afrikinders – Deel van AfriForumTV, ’n gratis stroomplatform en toep.
  • RoboFuse – Tom die Insleepvoertuig in Car City en Robofuse Robotprentjies vir kinders.
  • Afrikaanse kinderstoriesGeanimeerde kinderstories met ’n Christelike inslag vir peuters en kleuters.

Luister

Opvoedkundige kanale

  • Stegosourus Learning – Stegosaurus Learning bied ’n verskeidenheid van gratis Afrikaanse, opvoedkundige videos vir kleuters en jong skoolgaande kinders.
  • Bee Bee Die By – ’n Splinternuwe karakter wat fokus op kinders tussen die ouderdom van twee en ses jaar
  • Pretletters met musiek – YouTube-kanaal asook ’n klankeprogram.
  • Tippie  Tippie is ’n tweetalige pers olifant wat lag-lag taalontwikkeling op ’n progressiewe en natuurlike manier aanhelp. (Kry die Tippie-boekies by Boekwurm en laai ander hulpmiddels af by Curious Readers.)
  • Dada se Wêreld – Kindervideos vir lees, leer en ontspanning. 
  • Pleasant memories education – I can , Ek kan – Afrikaanse kinderliedjies, begripstoetswenke, klankleer, woordsoorte, alfabet, tel, digkuns, dae van die week, troeteldiere, emosies, Suid-Afrika vir kinders, sinonieme en antonieme, wenke vir ouers, ens.
  • Lami Leer en Speel – Opvoedkundige en opbouende Afrikaanse liedjies, tematiese lesse en rympies vir kleuters.
  • Klara Klets – Leer Afrikaanse konsepte saam met jong maatjies. 
  • Karli Leer en Speel – Leer oor verskillende interessante temas. 
  • Leer Afrikaans 123 – ’n Enorme databasis met speellyste vir Afrikaanse leermateriaal, insluitende die alfabet, klankleer, stories, skrif, gesprekstaal, luistervaardighede en Wiskunde.
  • MyAfrikaans – Iets vir volwassenes ook, insluitende resepte en die aanleer van Sesotho en Zoeloe.
  • Shongololo Media – “Afrikaans vir beginners”, liedjies, rympies, leer en .pdf-saamleesboeke.

 Bybelstories

Geniet dit! Deel gerus hierdie artikel met mense wat dit sal waardevol vind, en laat weet ons gerus in die kommentaar as jy op iets nuuts afkom.

Hierdie artikel het oorspronklik op boekwurm se webtuiste verskyn.

Foto: Getty Images/ Unsplash

Meer oor die outeur

Jeannie van Zyl

Jeannie van Zyl woon in Sydney, Australië. Sy is die trotse eienaar van Boekwurm, ’n aanlyn Afrikaanse boekwinkel wat aflewer regoor Australië, Nieu-Seeland en Kanada. Haar doelwit is om kinders en ouers toe te rus sodat “Aussie-Afrikinners” makliker in kontak met die Afrikaanse taal en kultuur kan bly.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest