Leesvordering:

Afrikaanse Protestantse Kerk – Die evangelie tot aan die uithoeke!

Jun 23, 2016

En Paulus het ’n gesig in die nag gesien – daar staan ’n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons” (Hand. 16:9). Miskien is dit hoe jy ook voel daar in die vreemde? Geestelik geïsoleerd, dors na God se Woord in jou eie taal, smagtend na gemeenskap met gelowiges met wie jy kan identifiseer?

Die Afrikaanse Protestantse Kerk wil graag help. Ons besef dat baie Afrikaners Suid-Afrika oor verskeie redes verlaat het. To7g is dit ook ’n wonderlike geleentheid wat die Here geskep het sodat gelowiges uit hierdie volkie ook in God se diens kan staan om die evangelie tot aan die uithoeke van die aarde te help uitdra!

Ten einde ons in staat te stel om ons broers en susters in die buiteland effektief te bedien, het ons egter jou hulp nodig. Indien jy lidmaat van ’n AP Kerk in Suid-Afrika was of selfs aan ‘n ander kerkgenootskap behoort het en behoefte aan bediening het, laat weet ons asseblief. Ons besef baie mense het reeds geestelike tuistes gevind en daarvoor is ons dankbaar, maar dalk beleef jy steeds ’n behoefte na bediening in Afrikaans.

Ons sal dit waardeer indien jy met ons in verbinding kan tree en die volgende inligting verskaf:

  1. Naam
  2. Kerkverband
  3. Waar woon jy tans?
  4. Waar skakel jy tans in by ’n gemeente?
  5. Hoeveel Afrikaners is in jou omgewing?
  6. Watter spesifieke bedieningsbehoeftes het jy?

Stuur asseblief jou inligting (of navraag) na redakteur@apk.co.za of info@apk.co.za

Intussen kan jy gerus gaan loer na ons webblad waardeur ons reeds verskeie bedieningsmiddels bied:

  • Direkte uitsendings is ’n afdeling waar jy d.m.v. “streaming” regstreeks by ’n diens in Suid-Afrika kan inskakel of waar jy na verskeie opgeneemde preke kan kyk en luister.
  • Ons maandblad, Die Boodskapper, bevat baie interessante artikels oor ’n verskeiden-heid geestelike sake asook gemeentenuus.
  • Onder die afdeling kommentaar sal jy kommentaar artikels vind wat gerig is op sake van die dag.
  • Basuingeklank is ons joernaalprogram waardeur ons gelowiges op hoogte hou van gebeure in ons kerkverband en die breër kerklike samelewing.
  • Klankgolwe is die afdeling waarin ons 7 voor 7 oordenkings en radio-insetsels van Pretoria FM plaas.
  • Of besoek sommer net ons Facebook-blad: https://www.facebook.com/apkerk/

Ons hoor graag van jou!

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest