Leesvordering:

Afrikaanse vermaak op pad Australië en Nieu-Seeland toe

Jun 2, 2022

Kom geniet vir Jo Black, Danny Smoke en Elandré saam met AfriForum Wêreldwyd en South African Events. Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland gehou word. Die Suid-Afrikaanse byeenkoms word aangebied deur South African Events.

Ná twee jaar wat die toer as gevolg van Covid nie kon plaasvind nie, is ons trots om weer op te tree as hoofborg vir die Afrikaans is Lekker 2022-toer in Australië en Nieu-Seeland. AfriForum Wêreldwyd en South African Events stap al ’n lang pad saam en ons sien uit om hierdie jaar weer deel te wees van hierdie kuiergeleentheid.

“Dit is vir ons belangrik dat ons mense in die buiteland informeel bymekaar kan kom en steeds hul kultuur kan vier. Kultuur en taal is immers iets wat mense oor landgrense heen saambind.”

Sue-Ann de Wet


Kom sing, lag en raak nostalgies saam met hierdie ongelooflike kunstenaars wanneer hulle in Brisbane, Sydney, Adelaide, Melbourne, Perth en Auckland optree.

Die datums is soos volg:

  • 27 Augustus 2022 –  Brisbane
  • 28 Augustus 2022 – Sydney
  • 30 Augustus 2022 – Adelaide
  • 2 September 2022 – Auckland
  • 3 September 2022 – Melbourne
  • 4 September 2022 – Perth

Maak seker jy loop nie hierdie optredes mis nie. Deel hierdie inligting asseblief met al jul vriende en bring sommer ’n paar saam. Het jy familie en vriende in Australië of Nieu-Seeland? Laat weet hulle daar is eg Afrikaanse vermaak op pad.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest