Leesvordering:

Agt wenke om die grendeltydperk te oorleef

Apr 3, 2020

Nou ja toe! Dit is glad nie nuwe nuus dat die koronavirus/ Covid-19 oral in ons land kom nes skrop het nie. Almal weet wat die virus behels en dat dit baie vinnig versprei. Die beste ding wat ons nou vir ons land, die wêreld en vir ons toekoms kan doen, is om liefs eerder tuis te bly. Tans het Suid-Afrika ’n 21-dae- grendeltydperk. Vir baie van ons kan 21 dae tussen vier mure baie uitdagend wees. Afhangend van hoe jy daarna kyk kan dit vir jou positief of negatief wees. Daardie keuse sal jy dus self-moet maak. Ons hier by Bid is Braaf het dit goedgedink om ’n paar wenke op te stel oor hoe jy hierdie grendeltydperk/staat van inperking kan oorleef:

Delf dieper in die Woord van God

Mens word maklik vasgevang in jou werk, studies, skool, kinders – om net ’n paar te noem. Baie keer stel ons God laaste op ons prioriteitslysie en ons spandeer slegs vyf minute saans net voor slapenstyd aan God se Woord. Baie keer raak ons aan die slaap en dan het ons skaars begin om Bybel te lees. Ons kom ook baie keer eers die volgende dag agter dat ons nie eers die vorige aand “Amen” gesê het na ons gebed nie – ons is doodeenvoudig net te moeg!

Nou is juis jou kans om meer tyd saam met ons Abba Vader te spandeer. Delf dieper in sy Woord, hou meer gereeld Bybelstudie en bid saam met jou man en jou gesin. Draai weer terug na Hom toe. Hierdie tydperk wat Hy vir ons geleen het, is dalk juis bedoel vir jou om weer meer tyd vir Jesus Christus te maak en om Hom weer eerste te stel.

Hou by jou daaglikse roetine

Nou dat jy by die huis is voel dit vir jou of jy sommer heeltemal gemaklik kan raak. Jy slaap dalk bietjie later, bly sommer die hele dag in jou slaapklere, maak meer jou huis skoon as wat jy werk (as jy tans kan werk van die huis af) en jy eet asof daar môre nie meer kos gaan wees nie (wat ook baie ongesond is).

Probeer om soveel moontlik by jou daaglikse roetine te hou. Staan dieselfde tyd op as wat jy op enige gewone dag sou opstaan, vat ’n lekker warm stort, borsel jou tande en kam jou hare. Trek gemaklik aan en sit dalk sommer bietjie grimering ook aan – jy sal sommer vinnig fris en vars voel om die res van jou dag aan te pak. Moet ook nie heeltyd daardie yskas of koskas sê deure oopmaak nie – laat hierdie ’n oefening vir selfbeheersing wees.

Bly aktief

Dalk hou jy baie van oefen of dalk glad nie. Miskien kon jy elke dag twee-tot-drie ure in die gimnasium spandeer of jy het gereeld om die blok gaan draf. Ongelukkig kan jy nie meer in publieke plekke oefen nie, maar daar is gelukkig baie oefeninge wat jy in die gemak van jou eie huis kan doen soos opstote, opsitte en beenoefeninge. As jy trappe het, kan jy self die trappe op- en-afhardloop. Jy kan ook touspring om lekker fiks te bly. Gaan lees gerus hierdie artikel oor die beste vyf oefeninge wat jy by die huis kan doen: https://www.rooirose.co.za/die-5-beste-oefeninge-wat-jy-by-die-huis-kan-doen/.

Leer meer – word slimmer

My ma het altyd vir my gesê dat jy nooit genoeg kan leer nie. Dit is regtig so! Dalk werk jy tans van die huis af en dit hou jou redelik besig, maar daar is ook baie ander mense wat glad nie gedurende die grendeltydperk kan werk nie. Hoekom dan nie slimmer word nie?

Skryf jouself in vir aanlyn kursusse waarin jy belangstelling toon. Gaan besoek gerus S-Leer se webtuiste en skryf in vir ’n aanlyn-kursus (https://s-leer.co.za/). Al is jy ’n student, ’n werkende mamma of ’n ouma sal jy beslis by hierdie kursusse kan baat vind.

Miskien is jy nog ’n skoolgaande kind of ’n ouer/voog van ’n skoolgaande kind. Hulle kan gerus inteken op die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool om by te bly met vanjaar se kurrikulum,  https://skole.co.za/. Hierdie diens is gratis tot en met 30 Junie 2020.

Maak jou huis van kop tot toon skoon/ “Spring clean”

In ons besige skedules is daar nie altyd tyd om jou huis ordentlik skoon te maak nie. Dalk wil jy nog jou koskas reg pak of jy wil jou klerekas uitsorteer, of jou vensters en gordyne was. Dalk is daar ’n paar ou skoene of klere wat jy wil uitgooi wat jy glad nie meer dra nie. Hou gerus daardie skoene en klere in ’n ander sak tot die grendeltydperk verby is sodat jy dit dan aan Solidariteit Helpende Hand sê Ons Winkels kan skenk. Dit is alles vir ’n goeie doel!

Hou digitale kontak met jou familie, vriende en kollegas

In hierdie tydperk van isolasie is jy afgesonder van die res van die wêreld. Die enigste manier om kontak te hou is om van verskillende digitale platforms gebruik te maak. Ons kan altans maklik in die gebruik van sosiale media vasgevang word – probeer dat dit nie te veel van jou tyd in beslag neem nie. Gebruik eerder digitale platforms soos WhatsApp, Skype of Zoom en reël dan met die res van jou familie of vriende om so saam te kuier of om so ’n koffie-afspraak saam met jou beste vriendin te hê.

Ontdek ’n nuwe stokperdjie

Voordat jy jouself kan kry dan sit jy al weer – baie verveeld. Nou is jou kans om ’n nuwe stokperdjie te ontdek! Verf of teken; leer om te dans (jy kan dalk jou man vra om dit saam met jou te probeer);  maak jou tuin mooi, of maak vir jouself die mooiste pot plantjies met woestynrosies in; begin miskien jou eie kruietuin; leer hoe om naaldwerk te doen of hoe om te brei; leer hoe om ’n instrument te bespeel soos klavier of kitaar (dit sal natuurlik alles afhang of jy so ’n instrument besit); of leer hoe om jou grimering reg aan te wend. Die opsies is eindeloos en deesdae is daar so baie YouTube-tutoriale waarna jy kan kyk wat jou kan help om jou stokperdjie te bemeester.

Moenie “panic buy”/paniek-aankopies maak nie

Soveel lande het beroep op hulle mense gedoen om nie paniek-aankopies te maak nie. Daar is self reëls- en regulasies deur sommige supermarkte geïmplementeer waar Shoprite en Checkers pensionarisse en mense met gestremdhede voorkeur gee, soos bv. spesiale betaalpunte. Woolworths het limiete op die hoeveelheid aankope per produk gestel, soos bv. dat kliënte net drie items per produk kan koop.

Die Bybel leer ons ook dat ons nie “paniek-aankopies” moet maak nie. Dit laat my dink aan die verhaal toe die Israelite in die woestyn was. God het vir hulle manna uit die hemel gestuur en daar was vir hulle ’n opdrag gegee om net genoeg op te tel vir daardie dag. Dit wat hulle te veel van opgetel het, het begin vrot. Lees gerus Eksodus 16 vir meer konteks oor hierdie verhaal.

“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle Hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” – Matteus 6:31-33

Gaan kyk gerus na Bid is Braaf se video oor die agt wenke vir die grendeltydperk hier:

Volg hulle ook op Facebook en Instagram

Meer oor die outeur

Leandie Bräsler

Leandie Bräsler is bestuurder van junior leierskapontwikkeling by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest