Akademia-student werk en studeer vanuit Europa

17/02/2023
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Alida-Jacobs

Alida Jacobs is ʼn trotse Fontie wat via die e-leeropsie vanuit verskeie lande by Akademia studeer.

Alida Jacobs, ’n 21-jarige student, studeer tans vir die graad BCom (Ondernemingsbestuur) deur middel van die nauurse afstandsmodel by Akademia. Sy het in Bloemfontein grootgeword en aan die Hoër Meisieskool Oranje gematrikuleer. Sy woon en werk tans in Hauset in België wat op die drie grense tussen België, Duitsland en Nederland geleë is.

Haar studiereis by Akademia het in 2020 begin toe die Covid-19-pandemie toegeslaan het. Sy het terselfdertyd as sekretaresse begin werk, aangesien sy via die e-leeropsie studeer het en dus bedags die geleentheid gehad het om werksondervinding op te doen. Haar droom was om al van jongs af oorsee te gaan werk.

“Ek wou self ervaar hoe groot die wêreld eintlik is en wat alles daar buite lê. So dit was ’n maklike keuse om oorsee te gaan au pair,” vertel Jacobs.

Haar vriendin het haar voorgestel aan die idee van au pair-wees. Volgens Jacobs is dit wonderlik om ’n au pair te wees – sy kan haar eie geld verdien en onafhanklik wees. “Ek het besluit dat om oorsee te au pair vir my ideaal is omdat ek steeds aanlyn by Akademia kan studeer terwyl ek Europa verken en daar werk.”

Jacobs woon by ’n gasheerfamilie in Hauset, waar sy vir ’n jaar as au pair aangestel is. Haar werk as au pair behels gewoonlik so vier ure per dag, maar die familie se skedule verander gereeld en sy pas haar daarby aan. Sy reis ook gereeld saam met die gesin en was al binne haar eerste vyf maande van au pair-wees in Parys, München, Lièege, Oostenryk, Düsseldorf, Amsterdam, Brussel en Aachen. “Die familie is baie tegemoetkomend wat my studies betref en verstaan dat ek tyd nodig het om my klasse by te woon en te leer,” vertel Jacobs. Sy noem ook dat haar vorige werk as sekretaresse haar baie help, aangesien sy reeds weet hoe om haar tyd te bestuur.

Volgens Jacobs het haar studies haar uitkyk op die lewe verbreed.

“Ek weet meer, verstaan meer en weet hoe om wat ek weet in alle dele van my lewe toe te pas. Al sou ek nie eendag in hierdie rigting werk nie, ek het baie geleer wat ek reeds in my daaglikse lewe gebruik en ook altyd sal kan gebruik.”

Haar grootste inspirasie om haar studies te voltooi, is om haar ouers trots te maak en ook om vir haarself ’n goeie, standvastige lewe te bou. “Ek dink gereeld aan my doel en om my ouers se gesigte te sien wanneer ek my gradeplegtigheidshoedjie eendag by die kwalifikasieplegtigheid dra.”

Haar raad aan voornemende studente wat die wêreld wil sien, maar ook wil studeer, is om eers studies en werk in jou eie gemaksone te probeer balanseer voor jy dit oorsee probeer doen. Indien jy sien dat dit werk, stel sy voor dat jy dan jou vlerke sprei. Sy stel ook voor dat jy die druk verminder deur nie al jou vakke op een slag te neem nie, maar dit bietjie te versprei en dalk langer te studeer. “Om oorsee te werk en te studeer, neem goeie prioritisering en uithouvermoë, maar dit is die moeite werd. Mens besef nie altyd hoe groot die wêreld is tot jy dit self ervaar nie.”

“Om alleen in ’n nuwe en onbekende plek te wees, stimuleer jou brein en menswees. Jy kan nie help om meer kreatief en gemotiveerd te wees nie,” sê Jacobs. Sy noem ook dat aangesien sy onafhanklik moet wees, sonder die nabyheid van haar familie en vriende, dit eintlik beteken dat sy harder wil werk en op haar eie wil presteer. “Om onafhanklik te wees, het my baie perspektief gegee oor wat ek as belangrik sien en wat ek uit die lewe wil hê. Ek het werklik gegroei in alle aspekte in my lewe, so ek dink elke student moet daaraan dink,  al is dit net eenkeer in hulle lewe.”

Sy hoop om oor vyf jaar steeds in Europa of elders in die wêreld te werk, maar in die sakesektor. “Hierdie jaar as au pair is beslis net die begin van my reis. Die passie wat ek vir mense en nuwe plekke het, sal my lei na my toekoms toe,” sluit sy af. Akademia hou haar loopbaanreis en avonture met afwagting dop.

Deel op

"*" indicates required fields

Wat is tans die grootste uitdagings om in die buiteland te woon en/of te werk?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels