Leesvordering:

Akademia wen CIMA-toekenning vir uitnemendheid

Feb 15, 2021

Die Geoktrooieerde Instituut vir Bestuursrekenmeesters (Chartered Institute of Management Accountants – CIMA) erken Akademia vir haar uitstekende bydrae tot die rekeningkundige beroep.

Akademia het onlangs ʼn CIMA-toekenning vir onderriguitnemendheid, genaamd Groep-landkampioen, tydens ʼn virtuele toekenningsplegtigheid ontvang. Hierdie toekenning erken akademici wat in Bestuursrekeningkunde doseer vir hulle bydraes tot onderrig, en vir hulle aktiewe toewyding om studente by te staan om hulle CIMA-kwalifikasie te voltooi.

CIMA se toekennings vir uitnemendheid vier akademiese vennote, onderriginstellings en studente wat die afgelope jaar ʼn belangrike bydrae gelewer het tot beide die rekenmeestersberoep sowel as tot CIMA self. Hierdie internasionale toekennings beklemtoon onderrig, navorsing en leer in rekeningkundige opleiding van die hoogste gehalte.

Rika Nieuwoudt, departementshoof van Ekonomie en Finansiële Wetenskappe aan Akademia, stel: “Dit is vir Akademia ʼn groot voorreg om in samewerking met CIMA ʼn hoë gehalte van onderrig te handhaaf. CIMA stel ʼn voorbeeld van ʼn professionele liggaam wat oor tyd groei en aanpas, terwyl wêreldgehaltestandaarde gehandhaaf word. Akademia aanvaar graag die leiding van CIMA se navorsing oor die nuutste tendense van toekomstige finansiële beroepe. Hierby verseker ons dat die toekomstige graduandi van Akademia gereed is vir die werkplek sodat hulle onvervangbare waarde tot enige instansie kan voeg”.

Andrew Harding (FCMA, CGMA), uitvoerende hoof van Bestuursrekeningkunde by CIMA, het gesê: “Die CIMA-prestasietoekennings vereer instansies en individue wat uitstaande bydraes gelewer het tot die rekenmeestersberoep en onverpoos gewerk het om hul studente te verryk en die beste moontlike onderrig aan hulle te bied, om sodoende die volgende generasie van rekenmeesters voor te berei. Die toekenning vir uitnemendheid in onderrig wat Akademia ontvang, is ʼn bewys van ware toewyding en hulle verbintenis om die toekoms van ons beroep te bevorder.”

Die seremonie is geborg deur die Vereniging van Internasionale Gesertifiseerde Professionele Rekenmeesters – die rekeningkundige organisasie wat deur CIMA en die Amerikaanse Instituut vir Gesertifiseerde Professionele Rekenmeesters – gestig is. CIMA se toekennings vir uitnemendheid word jaarliks ​​toegeken aan diegene wat ʼn verskil in die rekeningkundige gemeenskap gemaak het, en hulle studente proaktief ondersteun om hul Chartered Global Management Accountant (CGMA)-kwalifikasies te verwerf.

Besoek die CIMA-webwerf vir ʼn volledige lys van 2020 se wenners van toekennings vir uitnemendheid. Besoek Akademia se webblad vir meer inligting oor hierdie instelling se kwalifikasies in Bestuursrekeningkunde.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest