Leesvordering:

Alleenverteenwoordiger van ’n oorsese maatskappy

Jun 13, 2017

Suid-Afrikaanse besigheidspersone is gereeld op soek na wyses waarop hulle hul sakeondernemings  in die Verenigde Koninkryk (VK) kan uitbrei. Een van die minder bekende wyses waarmee dit vermag kan word, is die Sole Representative Visa (SRV).

Dié interessante UK-immigrasieroete stel ’n persoon wat in diens is van ’n Suid-Afrikaanse maatskappy (of enigander nie-VK-werkgewer) in staat  om na die VK te gaan en ’n kommersiële teenwoordigheid daar te vestig deur ’n geregistreerde tak of volfiliaal van dié oorsese maatskappy in die VK te bedryf. Die aansoeker mag egter nie meer as 30% van die maatskappyaandele besit nie.

Die aanvanklike visum word vir ’n tydperk van drie jaar toegestaan, waarna dit vir ’n verdere twee jaar verleng mag word.

Om die aanvanklike driejaarvisum te bekom, moet jy suksesvol kan bewys dat jy tans ’n seniorwerknemer van die oorsese (nie-VK-) maatskappy is en nie meer as 30% van die maatskappyaandele besit nie.

Die VK se Binnelandse Kantoor sal ook bevestiging moet hê dat jy volle magtiging het om te onderhandel en operasionele besluite vir die VK-tak of -filiaal te mag neem, en dat jy ’n salaris verdien wat voldoende is om sowel jou eie as jou afhanklikes se basiese lewenskoste in die VK te dra.

Jy sal ook moet kan bewys dat jou werkgewer nie tans ’n teenwoordigheid in die VK het nie.

Om die visum aan die einde van die eerste verloftoekenning (dit wil sê ná die eerste drie maande) te kry, sal jy suksesvol moet kan aantoon dat die werkgewer steeds sy hoofkantoor en hoofbesigheidsplek buite die VK het, en dat die visumhouer steeds voltyds in diens is en ’n salaris as werkgewerverteenwoordiger verdien. Jy sal ook moet kan bewys dat jy steeds in beheer is van die tak of filiaal in die VK en dat jy steeds in daardie hoedanigheid benodig word.

Ander verlengingvereistes sluit in bewys dat jy inderdaad besigheid in die VK gegenereer het, en hoofsaaklik met VK-firmas. Indien daar aan dié vereistes voldoen word, sal die Binnelande Kantoor ’n verdere tweejaarvisum aan die aansoeker en enige afhanklikes toestaan.

Soortgelyke vereistes wat in plek is om SRV te verleng (dit is in die voorafgaande paragraaf uiteengesit) geld ook vir aansoeke om Indefinite Leave to Remain (ILR) nadat jy ’n totaal van vyf jaar as alleenverteenwoordiger in die UK afgelê het.

Dit is belangrik om daarop te let dat die Binnelandse Kantoor sal verwag dat jy as alleenverteenwoordiger in die VK nie vir meer as drie maande (of 90 dae) per jaar uit die VK sal wees nie. Daar is egter beweegruimte indien jy kan bewys dat enige bykomende afwesigheid belangrik is om die VK-gebaseerde maatskappy te bestuur.

As jy ’n besigheidspersoon is wat op soek is na wyses waarop jy jou besigheid in die VK kan uitbrei, is jy welkom om Breytenbachs Immigration Consultants te kontak. Ons sal jou help om die mees toepaslike roete te beplan om dié doelwit te bereik.

https://bic-immigration.com/contact

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest