Leesvordering:

Alles wat jy moet weet oor Suid-Afrikaanse paspoorte en dubbele burgerskap

Feb 6, 2023

Deur Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants ontvang baie navrae van Suid-Afrikaners oor burgerskap en paspoorte. Ons Suid-Afrikaanse immigrasiekonsultante het dus ’n vraag-en-antwoordgids vir Suid-Afrikaners saamgestel oor hierdie kwessies. As jy meer inligting hieroor nodig het, kontak gerus vir AfriForum Wêreldwyd of Breytenbachs.

Hoe werk dubbele burgerskap vir Suid-Afrikaners?

Suid-Afrikaners word toegelaat om meer as twee nasionaliteite oftewel burgerskappe te hê.  

Dit is egter noodsaaklik dat mense hul Suid-Afrikaanse burgerskap beskerm voordat hulle ’n ander nasionaliteit aanneem deur naturalisasie. As iemand sou nalaat om dit te doen, sal hulle outomaties hul SA-burgerskap verloor. Suid-Afrikaners word toegelaat om meervoudige burgerskappe te hê, maar in sommige gevalle in lande soos Zimbabwe en Duitsland nie. Soms is die verlies dus onvermydelik en dit is nie Suid-Afrika se skuld nie.

Moet ek my Suid-Afrikaanse burgerskap behou?

Suid-Afrikaners wat binnekort wil aansoek doen vir ’n ander burgerskap deur naturalisasie moet aansoek doen om behoud van Suid-Afrikaanse burgerskap voor hulle ’n ander burgerskap verkry. Hulle moet dit doen om hul SA-burgerskap te beskerm. Die retensie- of behoud van burgerskapproses verseker dat hul SA-burgerskap beskerm word en hulle kan dan ’n ander nasionaliteit daarmee saam verkry. Dit is belangrik om die verskil te verstaan tussen die verkryging van ’n ander nasionaliteit deur herkoms en deur naturalisasie.  

Wat is herkoms?

Persone wat ’n ander nasionaliteit verkry deur herkoms, sal NIE outomaties hul Suid-Afrikaanse burgerskap verloor nie, indien hulle outomaties kan aansoek doen om die tweede paspoort sonder om ’n formele aansoek vir sodanige burgerskap in te dien. Hulle hoef dus nie die proses te volg om Suid-Afrikaanse burgerskap te behou nie. Herkoms word slegs vanaf ’n ouer verkry. ’n Voorbeeld hiervan is ’n Britse ouer wat burgerskap bied aan kinders wat buite die VK gebore is.

Wat is naturalisasie? 

Dit is van toepassing op mense wat ’n tweede nasionaliteit verkry deur middel van ’n formele aansoek (bv. nadat jy vir ’n tydperk permanente verblyfreg gehad het). As jy enige ander burgerskap kan verkry deur naturalisasie, moet jy formeel aansoek doen om die behoud van jou Suid-Afrikaanse burgerskap voordat jy die tweede nasionaliteit aanneem. As jy versuim om dit te doen, sal jy outomaties jou Suid-Afrikaanse burgerskap verloor. 

Hoekom moet ek my Suid-Afrikaanse burgerskap beskerm?

Kliënte vra gereeld die konsultante van Breytenbachs Immigration Consultants (BIC) waarom hulle hul Suid-Afrikaanse burgerskap moet beskerm, omdat hulle dikwels glo dat hul skuif oorsee permanent is. 

Die redes sal natuurlik verskil van een geval tot die volgende en dit bly ’n persoonlike besluit, maar dit is ’n redelike maklike proses om net van die begin af jou Suid-Afrikaanse burgerskap te beskerm. As jy dit vooraf beskerm, spaar jy jouself baie administrasie en moeite in die toekoms, sou jou omstandighede dalk verander.  

Die toekoms is onvoorspelbaar en jou kinders mag dalk besluit dat hulle in Suid-Afrika wil kom woon of studeer, maar as jy burgerskap verloor voor hul geboorte, het hulle geen aanspraak daarop deur herkoms nie. Behoud van burgerskap is dus ter wille van jou nageslag ook.

Hoe kan ek my Suid-Afrikaanse burgerskap behou? 

Die proses om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te behou bestaan uit twee fases. Eerstens moet jy aansoek doen vir ’n “Certificate of Non-Acquisition” van die betrokke regeringsowerheid vanwaar hy jou tweede burgerskap gaan verkry.

Tydens die tweede fase moet jy aansoek doen vir jou Sertifikaat van Behoud van Burgerskap van die Suid-Afrikaanse Hoëkommissaris of die Suid-Afrikaanse ambassade, of die Departement van Binnelandse Sake in Suid-Afrika. Gesels gerus met jou Breytenbachs-konsultant vir meer raad hieroor. 

Kan ek my Suid-Afrikaanse burgerskap herstel as ek dit verloor het?

As jy geen stappe gedoen het nie of oningelig was oor die vereisde proses om SA-burgerskap te behou, is dit steeds moontlik om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te herstel nadat jy dit verloor het. Die vereiste is gewoonlik dat jy voltyds in Suid-Afrika woonagtig moet wees voor die versoek oorweeg word (uitsonderings word soms toegelaat, maar dit is werklik uitsonderings, baie selde suksesvol en BAIE tydrowend).

Breytenbachs Immigration Consultants (BIC) het ’n toegewyde span Suid-Afrikaanse immigrasiekonsultante wat saam met die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake werk en hulle sal jou kan bystaan in jou unieke omstandighede. Wees egter bedag daarop dat hierdie ’n tydrowende proses kan wees wat met baie rompslomp gepaard gaan.

SUID-AFRIKAANSE PASPOORTE

Kan ek oorsee aansoek doen vir my SA-paspoort?

Dit is moontlik om oorsee aansoek te doen vir jou paspoort. Jy kan dit by die naaste Suid-Afrikaans verteenwoordigende kantore oorsee doen. In die VK kan dit deur die VFS-kantore gedoen word.

Aansoekers moet die nodige relevante dokumente verskaf, bv. geboorte- en/of huweliksertifikate en die brief van behoud van burgerskap as hulle burgerskap van ander lande het.

Moet ek my SA-paspoort gebruik om Suid-Afrika binne te kom en te verlaat?

Die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap bepaal dat enige persoon wat die reg het om gebruik te maak van ’n Suid-Afrikaanse reisdokument (paspoort), Suid-Afrika met hul Suid-Afrikaanse paspoort moet binnekom en verlaat. As ’n persoon nalaat om dit te doen, word dit beskou as ’n strafbare oortreding.

Reisigers met dubbele burgerskap (SA en die VK) moet met albei paspoorte reis aangesien hulle die VK met hul VK-paspoort moet binnegaan as bewys dat hulle die reg het om die VK binne te kom.

Wat is die kriteria om vir ’n nuwe SA-paspoort aansoek te doen?

Aansoekers moet die nodige relevante dokumente verskaf, bv. geboorte- en/of huweliksertifikate en die brief van behoud van burgerskap as hulle burgerskap van ander lande het.

Kan ek my SA-paspoort hernu?  

’n Mens kan nie ’n SA-paspoort hernu nie. Wanneer dit verval het, moet jy vir ’n nuwe paspoort aansoek doen.

Die Suid-Afrikaanse owerhede bepaal dat jou paspoort geldig moet wees vir ten minste 30 dae ná die beplande vertrekdatum. Die paspoort moet ook ten minste twee skoon bladsye hê vir aankomsstempels. Die leë bladsye sluit die endossementbladsye uit.    

Dit is egter belangrik om in ag te neem dat sommige lande vereis dat jou paspoort vir drie of ses maande ná jou beplande reisdatum geldig moet wees. Aangesien hierdie vereistes van land tot land verskil, raai ons jou aan om met jou reisagent of lugredery te gesels vir raad.

Kan ek aansoek doen vir ’n paspoort met meer bladsye?

’n Gewone SA-paspoort bevat 32 bladsye. Mense wat gereeld reis kan egter aansoek doen vir ’n maxi-paspoort met 48 bladsye. 

Kan iemand my SA-paspoort vir my gaan afhaal?

Derde partye mag nie ’n SA-paspoort namens iemand anders gaan afhaal nie. ’n Paspoort kan ook nie per koerier na ’n persoon wat daarvoor aansoek doen gestuur word nie. Die Suid-Afrikaanse owerhede het hierdie reël in 2022 ingestel om bedrog op SA-paspoorte te probeer bekamp.

In die geval van minderjarige kinders is die ouers of voogde wat vir die paspoort aansoek gedoen het die enigste persone wat toegelaat sal word om die paspoort af te haal, en hul vingerafdrukke word hiervoor benodig.

Lees ook: 106 countries you can travel to visa-free with a South African passport in 2023


Hoe Breytenbachs jou kan bystaan

As jy enige spesifieke vrae het oor Suid-Afrikaanse burgerskap of dubbele burgerskap, maak gerus kontak met ons. Neem egter in ag dat ons jou nie kan help om aansoek te doen vir jou SA-paspoort nie, maar jou wel kan raad gee oor navrae wat jy mag hê oor jou SA-paspoort.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest