Leesvordering:

Alles wat jy moet weet oor Suid-Afrikaanse paspoorte

Aug 8, 2023

Deur Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants ontvang baie navrae van Suid-Afrikaners oor paspoorte. Ons Suid-Afrikaanse immigrasiekonsultante het dus ’n vraag-en-antwoordgids vir Suid-Afrikaners saamgestel oor hierdie kwessie. As jy meer inligting hieroor nodig het, kontak gerus vir AfriForum Wêreldwyd of Breytenbachs.

Kan ek oorsee aansoek doen vir my SA-paspoort?

Dit is moontlik om oorsee aansoek te doen vir jou paspoort. Jy kan dit by die naaste Suid-Afrikaans verteenwoordigende kantore oorsee doen. In die VK kan dit deur die VFS-kantore gedoen word.

Aansoekers moet die nodige relevante dokumente verskaf, bv. geboorte- en/of huweliksertifikate en die brief van behoud van burgerskap as hulle burgerskap van ander lande het.

Moet ek my SA-paspoort gebruik om Suid-Afrika binne te kom en te verlaat?

Die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap bepaal dat enige persoon wat die reg het om gebruik te maak van ’n Suid-Afrikaanse reisdokument (paspoort), Suid-Afrika met hul Suid-Afrikaanse paspoort moet binnekom en verlaat. As ’n persoon nalaat om dit te doen, word dit beskou as ’n strafbare oortreding.

Reisigers met dubbele burgerskap (SA en die VK) moet met albei paspoorte reis aangesien hulle die VK met hul VK-paspoort moet binnegaan as bewys dat hulle die reg het om die VK binne te kom.

Wat is die kriteria om vir ’n nuwe SA-paspoort aansoek te doen?

Aansoekers moet die nodige relevante dokumente verskaf, bv. geboorte- en/of huweliksertifikate en die brief van behoud van burgerskap as hulle burgerskap van ander lande het.

Kan ek my SA-paspoort hernu?  

’n Mens kan nie ’n SA-paspoort hernu nie. Wanneer dit verval het, moet jy vir ’n nuwe paspoort aansoek doen.

Die Suid-Afrikaanse owerhede bepaal dat jou paspoort geldig moet wees vir ten minste 30 dae ná die beplande vertrekdatum. Die paspoort moet ook ten minste twee skoon bladsye hê vir aankomsstempels. Die leë bladsye sluit die endossementbladsye uit.    

Dit is egter belangrik om in ag te neem dat sommige lande vereis dat jou paspoort vir drie of ses maande ná jou beplande reisdatum geldig moet wees. Aangesien hierdie vereistes van land tot land verskil, raai ons jou aan om met jou reisagent of lugredery te gesels vir raad.

Kan ek aansoek doen vir ’n paspoort met meer bladsye?

’n Gewone SA-paspoort bevat 32 bladsye. Mense wat gereeld reis kan egter aansoek doen vir ’n maxi-paspoort met 48 bladsye. 

Kan iemand my SA-paspoort vir my gaan afhaal?

Derde partye mag nie ’n SA-paspoort namens iemand anders gaan afhaal nie. ’n Paspoort kan ook nie per koerier na ’n persoon wat daarvoor aansoek doen gestuur word nie. Die Suid-Afrikaanse owerhede het hierdie reël in 2022 ingestel om bedrog op SA-paspoorte te probeer bekamp.

In die geval van minderjarige kinders is die ouers of voogde wat vir die paspoort aansoek gedoen het die enigste persone wat toegelaat sal word om die paspoort af te haal, en hul vingerafdrukke word hiervoor benodig.

Lees ook: 106 countries you can travel to visa-free with a South African passport in 2023

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Spesiale Kersfeesvieringe in Perth

Deur Marni Wolmarans Terwyl Desember ’n vreugdevolle tyd is waartydens ons vol verwagting uitsien na ’n see- of bosvakansie en Kerslysies wat deur die kleinspan opgestel word, hou dié tyd van die jaar ook diep verlange en nostalgie in. Met Kerstyd dink ons altyd aan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest