Leesvordering:

Amptelike lokprent vir nuwe Leon Schuster fliek pas bekendgestel!

Sep 27, 2018

“’n Heerlike avontuur tussen ’n ou man en ’n nimlike jong seuntjie, Fearless, en ’n aangrypende storie wat jou sal laat lag en huil, met ’n baba-renoster wat harte gaan steel. Dit is ’n visuele komedie, wat gatskop met boewe wat hulle allies sien in die Afrika-bos en ’n Rottweiler wat slimmer is as ’n mens. Kom saam op ’n onvergeetlike reis en bring jou snesies saam!,” sê geliefde grapjas, Leon Schuster, oor sy nuutste goedvoel-familiekomedie, FRANK & FEARLESS, waarvan die lokprent pas vrygestel is.      

In ware Schuster-tradisie, vertel FRANK & FEARLESS die komiese verhaal van vier oulike karakters se heldhaftige streke in die Afrika-bosveld. ’n Hartlike spoorwegsjef, Sonny Frank (Leon Schuster), en ’n tienjarige plattelandse seun, Fearless (Themba Ntuli), besluit om Suidoos-Asië se ambassadeur te ontvoer in ’n poging om die uitmoor van renosters stop te sit. Saam met hulle op hierdie missie, is twee viervoet-vriende, wat bydra tot die pret en hart van die verhaal. Reini is ’n babarenoster wie se ma deur stropers doodgemaak is en Dog is Fearless se lojale swart brak. Wanneer dinge egter erg skeefloop, word hulle gedwing om ’n peloton genadelose stropers aan te vat, waaronder die skrikwekkende eks-wildbewaarder, Dolf (Kenneth Nkosi), met wie Sonny ’n geskiedenis het.

Hierdie rolprent, uit die pen van Gray Hofmeyr, Leon Schuster en Geoff Newton, is geskep deur ’n dinamiese span rolprentkundiges, met bekroonde filmmaker Gray Hofmeyr (Jock of the Bushveld, Sweet and Short, There’s a Zulu On My Stoep) as regisseur en André Scholtz en Menzi Thabede as vervaardigers. Leon Schuster is puik in die hoofrol van dié prent wat kop-en-skouers uitstaan bo enige van die legendariese vermaaklikheidspersoonlikheid vorige werk, soos Mr Bones en Mad Buddies, wat van die beste presteerders ooit by die plaaslike loket is en oorsee ook baie sukses bereik het.

FRANK & FEARLESS beloof om kykers te laat skaterlag, maar ook diep te raak met die ernstige onderliggende boodskap en persoonlike oorwinnings, wat sal aanklank vind by oud en jonk. Buiten vir uitstaande kinematografie, spog die rolprent ook met indrukwekkende 3D-animasiewerk (Luma Creative Studio), animasiemodellering (DreamSmith) en spesiale effekte (Refinery), asook die bystand van die beste kundiges om die tonele so outentiek as moontlik te maak.

“Ek het betrokke geraak nadat ek genader is deur ’n promosiemaatskappy en het nog nooit teruggekyk nie. Die film sal mense hopenlik bewus maak hoe krities die situasie is en ook hoe ’n emosionele saak dit is vir mense wat elke dag hierdie slagting moet aanskou en verwerk. Die kombinasie van humor en emosie is baie goed gedoen en sal harte aanraak,” verklap dr. Jana Pretorius van die Rhino Pride Foundation.

Komplimente vir uitsonderlike spel, stroom ook in vir die sterbelaaide rolverdeling, wat Khanyi Mbau (Happiness is a Four Letter Word), Jennifer Steyn (Goodbye Bafana, Madam and Eve) en David Dennis (Soul City) insluit.

 Die film word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal op 23 November 2018 landswyd uitgereik word. Dit is vervaardig deur Thabede Menzi Films, Schus Productions en Dapple Films, in samewerking met M-Net, Film Chrome, Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI), die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC), SANParks en Die Departement van Omgewingsake.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook:  https://www.facebook.com/frankandfearlessmovie/?ref=bookmarks

Instagram: @frank_and_fearless

Twitter: @frank_and_fear

Hutsmerk: #Fearless

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest