Leesvordering:

Ander mense se glo

Jun 6, 2022

Deur Maxie Heppell

“Love means following His commandments, and His unifying commandment
is that you conduct your lives in love. This is the first thing you heard,
and nothing has changed.”

2 John 1:6 The Message

Nog ’n naweek, nog ’n vreemde hotelkamer.  Die melankolie dreig om uit die kas te boender en ek gaan soek doelbewus na mooi goed uit my week om ’n tranedal te keer.

Daar was hierdie een dag.  Dit was nie ’n goeie dag nie, ook nie ’n slegte een nie.  Dit was net nog ’n dag.  Totdat ek my draai bietjie wyd vat by Tesco en so ’n mooi swart Golfie se modderskerm ’n stukkie komplimenterende kleur gee.

Op daardie dag, daardie gewone dag, het ek toe nou mos ’n keuse.  Dit was nie ’n vleiswond nie, net ’n paar skrapies.  Die eienaar sou dit tien-teen-een nie eers opgetel het nie.  Ek kon dit daar gelos het.

Maar jare gelede al het ek die Here so half ’n ooreenkoms gemaak:  As ek altyd die waarheid praat, sal U asseblief gee dat die straf nie te erg is nie?

En weer, soos elke ander keer, kom Hy deur.

Loop vra skaam-skaam vir die tannie agter die winkelinterkom om asseblief die eienaar van so-en-so se kar nader te roep.  Wag so ’n rukkie, toe kom ’n vrou seker so 10 jaar my senior, met ’n vol waentjie aangestap – haar gesig eintlik maar niksseggend. 

Ek sê onmiddellik ek is jammer en dit was alles my skuld en sy moet asseblief saam met my loop kyk na die skade.  Haar reaksie?  Nie wat ek verwag het nie.

Sy het so vinnig gekyk en toe ’n oog na my kar toe gegooi en gevra of ek gesien het ek het ook skade? In my paniek het ek nie eers daaraan gedink nie.

Ruil nommers uit en neem foto’s, maar sy verseker my sy sal dit nie verder neem nie – dit is regtig nie so erg nie.

Dit was toe ’n goeie dag.  My en die Here se ooreenkoms staan nog.

Later die aand stuur ek net weer ’n dankie dat sy so dierbaar was oor die hele ding, kom haar antwoord:

“My faith in human nature has been restored.”

En my hart vou dwars.  Hoe nederig as jy besef dit het toe nie oor jou gegaan nie.
Dalk het ek nie nog ’n les in waarheidpraat nodig gehad nie.
Dalk het daardie vrou nodig gehad om weer te glo.

Jou inspirasie vir die week: Profet

Hier is die Afrikaanse lirieke van hierdie Roemeense lied:

PROFEET

Sal ek geheim hou vir my dienaars?
My plan? Regtig?
Sal ek geheim hou vir my dienaars?
My plan?
Gedagtes van vrede en vreugde
My gedagtes
Hulle is ook goed vir jou

KOOR

Hier wil ek hê jy moet doen
’n Profeet op ’n droë plek
Vreesloos, leef
En om die lewe te verklaar aan die wat dit nie het nie

BRUG

Ek, ek het jou gekies
Uit die vallei met bene
Ek het jou opgetel
Ek het jou ’n naam gegee
Ek het jou gevind
Ek sal hulle pa wees
Haar dogters en seuns

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest