Baie Suid-Afrikaners staar dubbele belasting sonder hul eie toedoen in die gesig

15/02/2021
| Deur Amanda Visser
accounting_firm_marketing_feature

Deur Amanda Visser

Baie Suid-Afrikaners wat na Suid-Afrika gerepatrieer is en deur ’n voortgesette reisverbod geraak word, sal nie meer voldoen aan die vereistes vir belastingvrystelling op buitelandse inkomste nie.

Suid-Afrikaanse inwoners wat in die buiteland werk, kan vir belastingvrystelling op buitelandse inkomste aansoek doen as hulle meer as 183 dae gedurende ’n periode van twaalf maande in die buiteland deurbring op voorwaarde dat 60 van die 183 dae aaneenlopend is. Voor 1 Maart 2020 was hierdie vrystelling van toepassing op die totale vergoeding wat hulle in die buiteland verdien het. Vanaf 1 Maart 2020 is dit egter beperk tot ’n maksimum van R1,25 miljoen per jaar.

As gevolg van die wêreldwye uitbreking van die koronavirus en gevolglike reisbeperkings, het baie Suid-Afrikaanse ekspats hulle verblyf in Suid-Afrika oorskry. Dit beteken terwyl hulle in Suid-Afrika van die huis af vir ’n buitelandse onderneming werk, word hul inkomste as ’n Suid-Afrikaanse verdienste beskou, wat Suid-Afrika die reg op belasting gee.

Talle voorleggings aan die Suid-Afrikaanse regering het gelei tot ’n konsessie waar die vereiste 183 dae met 66 verminder is in ooreenstemming met die aantal dae wat die land op vlak 5 van die nasionale inperking was. Gabrie Combrinck, senior bestuurder by Ernst & Young Advisory Services, sê ondanks die feit dat Suid-Afrikaanse ekspats in die 2021 finansiële jaar slegs 117 dae gedurende ‘n tydperk van twaalf maande in die buiteland hoef deur te bring, moet 60 daarvan steeds agtereenvolgend wees.

Combrinck sê die gasheerland (waar die Suid-Afrikaner normaalweg werk) kan ook belasting weerhou op die inkomste wat vir die werk betaal word. “Dit, ongeag of die gasheerland steeds die reg op belasting het ingevolge die toepassing van ’n dubbelebelastingooreenkoms (met Suid-Afrika),” sê hy.

“Hierdie dilemma lei uiteindelik tot dubbele belasting. Waarskynlik het nóg Suid-Afrika nóg die land waar die Suid-Afrikaner gewoonlik werk binnelandse wetgewing om dubbele belasting onder sulke omstandighede te voorkom.”

Combrinck sê volgens die COVID-19-riglyne wat deur die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling (OECD) gepubliseer is, moet ’n land wat sy belastingregte ingevolge die dubbele belastingooreenkoms verloor die weerhouding van belasting opskort of die belasting wat weerhou is aan die werknemer terugbetaal. Baie Afrikalande hou egter nie by die dubbelebelastingooreenkoms met Suid-Afrika nie.

“Buitengewone omstandighede vereis buitengewone samewerking tussen jurisdiksies om by ooreenkomste rakende dubbele belasting te hou. Beide jurisdiksies moet die administratiewe koste wat verband hou met die onwillekeurige en tydelike verandering van die plek waar werk verrig word vir werknemers en werkgewers verminder,” sê Combrinck.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belastingpraktisyns (SAIT) en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het voorleggings oor hierdie kwessies aan die Nasionale Tesourie gedoen.

SAICA het hulle kommer uitgespreek oor die vereiste dat 60 van die 183 dae in die buiteland steeds aaneenlopend moet wees. “Baie mense sal nie binne die volgende siklus van twaalf maande aan dié vereiste kan voldoen nie, aangesien die inperking al langer as 200 dae duur,” het hulle verlede jaar in hulle verslag geskryf. SAICA stel voor dat die hele tydperk waartydens reise beperk word, vanaf die dag waarop die ander land beperkings aangekondig het, by die siklus van twaalf maande gevoeg moet word.

SAIT stel voor dat die tydperk van 66 dae as ’n minimum sonder bewyslas ingesluit word. As individue kan bewys dat hulle nie na ’n ander land kon reis nie, moet die hele tydperk wat reise beperk is in ag geneem word.

Ondanks voorleggings deur bedryfsinstansies, is daar tans min hulp vir Suid-Afrikaanse ekspats wat dubbele belasting in die gesig staar. Combrinck sê tydens vergaderings met die tesourie was die verteenwoordigers se reaksie dat dit as ’n COVID-konsessie hanteer moet word.

Beatrie Gouws, hoof van belanghebberbestuur en strategiese ontwikkeling by SAIT, sê hulle is bewus van die gevalle van dubbele belasting waar werknemersbelasting weerhou is, en hulle is besig om die aangeleentheid met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens op te neem.

Deel op

"*" indicates required fields

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels