Leesvordering:

Begroting 2017 – SARS wil Suid-Afrikaners belas wat in die buiteland werk

Mar 2, 2017

Die Minister van Finansies het in sy begrotingsrede gesê hulle wil begin om Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk te belas as hulle werk in lande wat nie ’n belastingooreenkoms met Suid-Afrika het nie, byvoorbeeld Dubai. Of dit sal wet word, sal net die tyd leer. Maar intussen moet Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk seker maak of SA ’n belastingooreenkoms het met die land waar hulle werk.

Indien so ’n ooreenkoms nie bestaan nie, sal hulle steeds nie belas word as hulle vir belastingdoeleindes as nie-inwoners van SA beskou word nie.

Of jy vir belastingdoeleindes as ’n inwoner van SA beskou word, is van kardinale belang, want dit bepaal of jy in Suid-Afrika aanspreeklik is vir belasting. Suid-Afrika het tans ’n inwonergebaseerde belastingstelsel waar dit voor 1 Maart 2001 ’n brongebaseerde stelsel was. Die algemene reël is dat iemand wat vir belastingdoeleindes ’n inwoner is, onderhewig is aan belasting op alle inkomste en kapitaalwins wat hulle wêreldwyd verdien, ongeag in watter land dit verdien is. Die probleem is dat die meeste mense wat Suid-Afrika verlaat het sonder om formeel te emigreer dit waarskynlik deur hulle bankiers gedoen het; hulle het ’n tydelike hervestigingstoelae gebruik om hulle meubels te verskeep en vir ’n bietjie geld – maar met die bedoeling om een of ander tyd terug te kom “huis toe”.

Daar is twee toetse om inwonerstatus in Suid-Afrika vir belastingdoeleindes te bepaal – en ’n mens mag eers die tweede gebruik as jy nie die eerste slaag nie. Om sake te vererger, is die eerste toets nie as sodanig gedefinieer nie, maar behels die gebruik van die term “gewoonlik woonagtig” wat ingevolge ons gemenereg vertolk moet word. Om ’n ingewikkelde konsep te vereenvoudig: jy is “gewoonlik woonagtig” in die plek wat jy as jou permanente “huis” beskou, die plek waarheen jy sal terugkeer na jou wêreldwye omswerwinge. As jy SA dus verlaat met die bedoeling om eendag terug te keer, is jy steeds “gewoonlik woonagtig” in Suid-Afrika en jou wêreldwye inkomste is steeds onderhewig aan Suid-Afrikaanse belasting, ongeag hoe lank jy “tydelik in die buiteland” was.

Gelukkig is jou buitelandse verdienste vrygestel van belasting in SA as jy in die buiteland is vir ’n aaneenlopende tydperk van minstens 60 dae en vir ’n kumulatiewe totaal (wat kan bestaan uit die samevoeging van korter periodes) van 6 maande per jaar. Al jou ander inkomste en kapitaalwins wat is egter onderworpe aan belasting in Suid-Afrika, selfs al word jy belas in die land waar jy woon. Jy sal slegs verligting van dubbele belasting kry indien die land waar jy woon ’n dubbelbelastingooreenkoms met SA het.

Kontak gerus die belastingkonsultant Fanus Jonck (tax@jonck.net) met jou belastingvrae.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest