Leesvordering:

Belasting op huurinkomste uit ‘n Suid-Afrikaanse eiendom

Feb 12, 2020

Alle Suid-Afrikaners en buitelanders wat huurinkomste uit Suid-Afrikaanse eiendomme verdien, moet inkomstebelastingopgawes in Suid-Afrika indien, selfs al woon hulle in die buiteland en verklaar die inkomste in hul belastingopgawe in die land waar hulle woon. As die eiendom in Suid-Afrika is, is die bron van die inkomste Suid-Afrikaans en moet dit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verklaar word.

As die persoon in die buiteland woon en ‘n belastinginwoner is in die land waar hy/sy woon, en as daardie land ‘n dubbelebelastingooreenkoms met Suid-Afrika het, is Suid-Afrikaanse belasting op verhuringsinkomste aftrekbaar van belasting in die ander land.

Hou behoorlik rekord van die koste van alle verbeterings en herstelwerk aan eiendomme. Verbeteringskoste is aftrekbaar van die kapitaalwinsbelasting by die verkoop van die eiendom. Die koste van herstelwerk aan huureiendomme is aftrekbaar van belasting op die huurinkomste.

Dieselfde uitgawe kan in sekere omstandighede beskou word as belastingaftrekbare herstelwerk en in ander omstandighede as ‘n verbetering van ‘n kapitale aard wat by verkoop van die eiendom van kapitaalwinsbelasting aftrekbaar is. As ‘n eiendom byvoorbeeld geverf word terwyl ‘n huurder daarin woon, word dit beskou as belastingaftrekbare herstelwerk. As die huurder egter reeds uitgetrek het en die eiendom word geverf voordat ‘n nuwe huurder intrek en ander herstelwerk word terselfdertyd gedoen, word al daardie herstelwerk beskou as verbeterings van ‘n kapitale aard. As jy die herstelkoste van belasting wil aftrek, kan jy die herstelwerk doen terwyl jy nog ‘n kontrak met die huurder het en miskien net die huur ‘n bietjie verlaag om te vergoed vir die ongerief.

Die SAID is ook van mening dat alle heffings, versekering en rente op verbande “van kapitale aard” is en daarom nie belastingaftrekbaar is nie.

As jy belastingadvies of hulp met belastingregistrasie of die indiening van Suid-Afrikaanse belastingopgawes benodig, is jy welkom om die belastingkonsultant Fanus Jonck by tax@jonck.net te kontak.

Meer oor die outeur

Fanus Jonck

Fanus Jonck is 'n ervare belastingskonsultant. Kontak hom gerus vir enige belastingsverwante navrae deur 'n e-pos te stuur na tax@jonck.net

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest