Leesvordering:

Belastingvrystelling op buitelandse inkomste vir Suid-Afrikaners

Okt 21, 2016

Ek is gevra of ‘n mens onder die volgende omstandighede kwalifiseer vir belastingvrystelling op buitelandse inkomste:

“My buitelandse kontrak was vanaf 12 Januarie 2015 tot 1 Mei 2015. Ek was egter in die Verenigde Koninkryk van 4 Januarie 2015 tot 30 Junie 2015. Dit is ‘n tydperk van 179 dae, daarom kwalifiseer ek nie vir die vrystelling waarop ‘n mens geregtig is as jy meer as 183 dae in die buiteland was nie. Gedurende Oktober 2014 het ek egter vir ‘n tydperk van 19 dae in Zambië gewerk. Dit hou geen verband met die buitelandse inkomste wat ek vir die bogenoemde kontrak verdien het nie. Ek het nie in Zambië ʼn buitelandse inkomste verdien nie; ek is my normale Suid-Afrikaanse salaris betaal.

As hierdie ekstra dae by my kontraktyd in die VK gevoeg word, was ek 194 dae oor ‘n tydperk van 12 maande buite die Republiek. Kan ek dus aansoek doen om belastingvrystelling op buitelandse inkomste vir die belastingjaar 2015/2016? Indien wel, moet ek die aftrekking tussen die 2015- en 2016-aanslae verdeel? Moet ek byvoorbeeld my buitelandse inkomste vir Januarie en Februarie insluit en dit as vrystelling in die 2015-belastingjaar aftrek?”

Antwoord:

Ja, jy voldoen aan die vereistes om aansoek te doen vir belastingvrystelling op ‘n deel van jou inkomste. Die vrystelling is van toepassing op die salaris of vergoeding wat jy in die buiteland verdien het. Die salaris wat jy verdien het terwyl jy in die Verenigde Koninkryk en in Zambië was, sal dus kwalifiseer vir vrystelling. Dit maak nie saak van waar af jy betaal is nie – al wat saak maak, is dat jy vir die vereiste aantal dae gedurende enige tydperk van 12 maande buite die land was.

Onthou, moenie die vrystelling op jou hele inkomste toepas nie – slegs daardie gedeelte van jou vergoeding wat jy verdien het terwyl jy werklik in die buiteland was, is vrygestel. Jou laaste paragraaf is korrek – jy moet die vrystelling (nie ʼn aftrekking nie) toepas op die inkomste wat jy (in die buiteland) verdien het gedurende die 2015- en 2016-belastingjare.

Bewaar net die nodige skedules sodat jy vir die SAID kan wys hoe jy die vrygestelde gedeelte van jou inkomste bereken het en hou ʼn afskrif van jou paspoort beskikbaar as bewys van die datums waarop jy die land verlaat en weer binnegekom het.

Kontak die belastingkonsultant Fanus Jonck met jou belastingnavrae by tax@jonck.net.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest