Leesvordering:

Bereidwilligheid van Australiese minister van binnelandse sake om immigrasieprosesse te versnel ’n aanklag teen SA-regering

Mar 14, 2018

AfriForum het op Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake, se kommentaar vanoggend dat Suid-Afrikaanse boere se aansoeke om na Australië te immigreer moontlik prioriteitsaandag sal geniet, gereageer deur te sê dat dit ’n ernstige aanklag teen die Suid-Afrikaanse regering is.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir internasionale skakeling, neem die Australiese minister duidelik kwessies soos die hoë voorkoms van plaasaanvalle, misdaadstatistiek en die regering se stappe om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak ernstig op, terwyl die Suid-Afrikaanse regering die kwessies bloot ignoreer of as ongegronde vrese afmaak.

“Verder erken hy skynbaar ook dat die kommer van wit Suid-Afrikaners net so geldig soos dié van enige ander landsburger is, terwyl die Suid-Afrikaanse owerhede alte graag die gemeenskap as sondebokke vir probleme in die land voorhou en hulle soos tweedeklasburgers behandel,” sê Bailey.

Bailey meen die minister, as verteenwoordiger van ’n suksesvolle internasionale demokrasie, se houding behoort stof tot nadenke vir die regering te wees. “Dit moet as waarskuwing dien dat Suid-Afrika die gevaar loop om nog meer produktiewe, lojale burgers te verloor as daar nie met erns na hul kommer oor kwessies soos eiendomsregte geluister word en daadwerklike aksies geloods word om probleme soos misdaad in die land aan te pak nie.”

AfriForum se standpunt bly dat oplossings vir die probleme wat Afrikaners en ander minderhede in Suid-Afrika ondervind, gevind moet word en dat ’n toekoms aan die suidpunt van Afrika geskep moet word waarin ook Afrikaners en ander minderhede blywend vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan. Die organisasie verwelkom verder enige internasionale druk wat die uitdagings wat minderhede in die gesig staar in die kollig plaas en die regering help oortuig om dit te prioritiseer.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest