Leesvordering:

Besigheid in die Kollig: AfriKos

Sep 12, 2018

Wêreldwyd se Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos ’n boereworsrol by ’n Springbokrugbywedstryd. Elke week kies Wêreldwyd ’n besigheid uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week is dit AfriKos.

AfriKos is verrassend anders! Suid-Afrikaanse geregte wat jy self voorberei saam met vriende, familie of kollegas. Die klasse word in Afrikaans aangebied!

Daar is drie verskillende werkswinkels om van te kies:

  1. Kuierkos
  2. Onthoukos
  3. High Tea

Die kuierkos-werkswinkel duur twee tot drie ure en ons maak die volgende:

  • Wonderlike worteltjies
  • Lepelsteeltjies
  • Marmiterolletjies
  • Gevulde sampioene
  • Eierballetjies
  • Klapperklontjies
  • Bobotiefrikkadelletjies
  • Piesanghappies
  • Biltongballetjies
  • Ystervarkies

Naas braai en potjiekos kan ’n mens die volgende tradisionele geregte lekker gesellig saam in die onthoukos-werkswinkel voorberei:

  • Bobotie
  • Kerriepiesangslaai
  • Mieliekoekies
  • Pampoenpoffertjies
  • Pap
  • Melktert
  • Malvapoeding

Dié werkswinkel duur drie tot vier ure, maar dit is beslis die harde werk werd!

Die spyskaart vir die High Tea-werkswinkels is baie meer informeel. Dit hang van die groep af wat hulle graag wil voorberei, byvoorbeeld skons, kaneelsuikermuffins, broodjies met verrassende smake, melktertjies, koeksisters, marmite-kaasmuffins, hertzoggies, klapperklontjies en nog vele meer!

Besoek AfriKos se webtuiste hier

Besoek AfriKos se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming op die Wêreldgids hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest