Leesvordering:

Besigheid in die Kollig: Braai Amsterdam

Sep 6, 2018

In Wêreldwyd se eiesoortige Wêreldgids kry jy inligting oor ondernemings wat alles bied wat jy nodig het om tuis te voel in ’n vreemde land – van biltong en boerewors tot Afrikaanse dokters en rekenmeesters. Elke week stel Wêreldwyd een van die besighede in Kollig bekend. Hierdie week besoek ons Braai in Amsterdam.

In Suid-Afrika is ʼn “braai” ’n sosiale byeenkoms waar kos op ’n oop vuur voorberei word. In Amsterdam is Braai ’n plek waar mense bymekaarkom om te kuier en die goeie dinge in die lewe te geniet.

Met drie takke in Amsterdam het jy geen verskoning om nie deel te word van die Braai-kultuur nie. Die Braai-spyskaart het iets vir elke smaak. Jy kan sommer jou Braai-fees afskop met ’n biltongvoorgereg en dan ’n heerlike skinkbord kos (“platter”) geniet.

Vondelpark:

Telefoon: 020 221 1376

Adres: Schinkelhavenkade 1, Amsterdam

Maandae tot Sondae 16:00–21:30

Westerpark:

Telefoon: 020 223 6020

Adres: Van Limburg Stirumstraat 14A

Maandae tot Donderdae 17:00–23:00 (Kombuis sluit om 22:00)

Vrydae tot Sondae 16:00–24:00 (Kombuis sluit om 22:00)

Rivierenbuurt:

Telefoonnommer: 020 370 3582

Adres: Geleenstraat 1, 1078LB

Maandae tot Sondae: 17:00–23:00 (Kombuis sluit om 22:00)

Besoek Braai se webtuiste hier.

Besoek Braai se profiel op die Wêreldgids hier.

Plaas jou onderneming hier op die lys.

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest