Leesvordering:

Besigheid in die Kollig: Cape to Cairo

Sep 19, 2018

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids het alles wat jy nodig het om tuis te voel in ’n nuwe land. Van biltong en braaivleis tot Afrikaanse dokters en prokureurs. So eg Suid-Afrikaans soos ’n opskop in die skuur. Elke week identifiseer ons een onderneming om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Cape to Cairo in Australië.

Cape to Cairo is beslis jou enigste bestemming vir tradisionele kos, tophandelsmerke en kultuurprodukte uit Suider-Afrika. As Wes-Australië se grootste invoerder, groothandelaar én kleinhandelaar van immergroen gunstelinge soos Mrs Balls-blatjang, Ouma-beskuit, regte Black Cat-grondboontjiebotter en Jelly Tots, verskuif ons Afrika se grense. Ons wye verskeidenheid biltong en droëwors, plaaslik gemaak volgens tradisionele resepte, kenmerk ons lank reeds as meesters van die kuns. Dan is ons natuurlik ook die logiese keuse vir vars tuisnywerheidgebak soos melktert en koeksisters. Besoek een van ons vier winkels in Wes-Australië vir ’n proetjie outentieke Suider-Afrikaanse kos en kultuur, of plaas eenvoudig ’n bestelling aanlyn. Ons doen besendings na oral!

Cape to Cairo spog met winkels in Osborne Park, Canning Vale, Rockingham en Bunbury.

Osborne Park:

Adres: 1/38 Sarich Court, Osborne Park, WA

Besigheidsure:

Maandag, Dinsdag, Woensdag en Vrydag: 9:00–17:00
Donderdag: 9:00–18:00
Saterdag: 9:00–16:00
Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae

Canning Vale

Adres: 2/3 South Street, Canning Vale, WA

Besigheidsure:

Maandag tot Vrydag: 9:00–17:30
Saterdag: 9:00–17:00
Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae

Rockingham

Adres: 11/3 Goddard Street, Rockingham, WA

Maandag tot Vrydag: 9:00–17:00
Saterdag: 9:00–16:00
Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae

Bunbury

Adres: 12 Prinsep Street, Bunbury, WA

Besigheidsure:

Maandag, Dinsdag, Woensdag en Vrydag: 9:00–17:00
Donderdag: 9:00–17:30
Saterdag: 9:00–15:00
Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae

Besoek Cape to Cairo se webtuiste hier.

Besoek Cape to Cairo se profiele op die Wêreldgids hier:

Osborne Park

Canning Vale

Rockingham

Bunbury

Lys jou onderneming hier.

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest