Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is propvol ondernemings in die buiteland wat die verlange huis toe ligter maak. So trots Suid-Afrikaans soos Creme Soda by ’n laerskoolsokkie. Elke week kies Wêreldwyd een onderneming uit die gids om ’n beurt in die kollig te kry. Hierdie week is Meat Point in Switserland aan die beurt.

By Meat Point ontgin, maak en versprei ons ’n groot verskeidenheid ekspatspesialiteite soos boerewors, droëwors, chilli bites, biltong, jerky en worsrolletjies, asook Britse styl worsies, spek, bloedwors en nog vele meer.

Die verskeidenheid is oorweldigend en met 5-sterresensies en beskrywings soos “vars en mooi snitte”, “beste biltong en droëwors” en so meer is dit die beste plek om jou Suid-Afrikaanse verlange te sus.

Besoek Meat Point se profiel op die Wêreldgids hier

Besoek Meat Point se webtuiste hier 

Lys jou besigheid op die Wêreldgids

 

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Pin It on Pinterest