Besigheidsbytjies – vir jong entrepreneurs in die buiteland

Maak seker jy skryf in!

Wanneer: 5 April tot 11 Oktober 2022
Waar: www.besigheidsbytjies.co.za

Die Korf

AfriForum het in 2019 besluit om ’n kompetisie – Besigheidsbytjies – vir jong entrepreneurs van stapel te stuur. In 2021 is daar besluit om die kompetisie verder uit te brei sodat hoërskoolleerders ook kan deelneem. Hierdie kategorie word die Juniorpreneurs-kategorie genoem. Vanjaar is daar twee nuwe kategorieë: AfriForum Wêreldwyd-kategorie en die Saai-kategorie.

Die doel

Die doel van hierdie kompetisie is om jong kinders se entrepreneursvaardighede van vroeg af te ontwikkel. AfriForum glo dat hierdie aanlyn entrepreneurskompetisie ook leerders se leierseienskappe sal ontwikkel en hul leer om self verantwoordelikheid te neem om hul unieke en innoverende idees uit te voer. Dit sal hulle ook aanmoedig om ’n verskil in die samelewing en in ons land te maak. Ons kinders is immers die leiers van die toekoms en hul kan hoop skep deur van jongs af aan hul toekoms te bou.

Wie kan inskryf?

Besigheidsbytjies:

  • Kategorie 1 (Graad 1–3)
  • Kategorie 2 (Graad 4–7)

Juniorpreneurs:

  • Kategorie 3 (Graad 8–9)
  • Kategorie 4 (Graad 10–12)

Nuut!

Die Saai-kategorie (vir entrepreneurs met ’n liefde vir landbou):

  • Laerskool (Graad 1–7)
  • Hoërskool (Graad 8–12)

Die AfriForum Wêreldwyd-kategorie: vir jong entrepreneurs in die buiteland.

  • Kategorie 1: (7–12 jaar)
  • Kategorie 2: (13–18 jaar)

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest