Leesvordering:

Beslissing oor die Suid-Afrikaanse Burgerskapwet

Sep 30, 2021

Wat alle Suid-Afrikaners oor die Suid-Afrikaanse Burgerskapwet moet weet

Vroeër vanjaar het die Demokratiese Alliansie (DA) artikel 6 (1)(a) van die Suid-Afrikaanse Wet op Burgerskap van 1985 betwis. Die DA het gesê die Suid-Afrikaanse (SA) Burgerskapwet is ongrondwetlik. Die DA het ook gesê Suid-Afrikaners word wederregtelik van hul burgerskap ontneem wanneer hulle burgerskap in ’n ander land verkry.

Ongelukkig het die regter in die saak, regter Jody Kollapen, beslis dat die SA Burgerskapwet Suid-Afrikaners nie van hul burgerskap ontneem nie. Hy het verder beslis dat die wet dit vir Suid-Afrikaners moontlik maak om hul burgerskap te behou wanneer hulle nuwe burgerskap verkry.

Die DA het appèl aangeteken teen die besluit, maar die appèl is vroeër in September 2021 deur regter Kollapen van die hand gewys.

Bogenoemde is slegte nuus vir baie Suid-Afrikaners wat onbewustelik hul Suid-Afrikaanse (SA) burgerskap verloor het toe hulle aansoek gedoen het vir burgerskap in ’n ander land. Baie Suid-Afrikaners het gehoop dat die regter in hulle guns sou beslis en dat hul SA burgerskap outomaties herstel sou word.

Beskerm jou Suid-Afrikaanse burgerskap

Dit is dus noodsaaklik dat Suid-Afrikaners wat vir Britse of enige ander tweede of derde nasionaliteit wil aansoek doen, kennis neem van die bepalings van die SA Burgerskapwet.

Jy moet aansoek doen om die behoud van jou Suid-Afrikaanse burgerskap voordat jy aansoek doen vir ’n tweede of derde nasionaliteit. Deur hierdie prosedure te volg, kan jy jou SA burgerskap beskerm en terselfdertyd verskeie nasionaliteite hê. Dit sal natuurlik ook afhang van die ander lande se reëls.

As jy nie formeel by die Suid-Afrikaanse owerheid aansoek doen om jou burgerskap te behou voordat jy ander burgerskap deur naturalisasie verkry nie, verloor jy outomaties jou SA burgerskap.

Herstel jou SA burgerskap

As jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap verloor het, kan jy dit herstel mits jy in Suid-Afrika gebore is. Dit is egter ’n administratiewe rompslomp. Dit behels dat jy weer ’n tyd lank in Suid-Afrika moet woon. Jy kan aansoek doen om terugkerende inwonerskap, maar dit kos baie moeite en geld. Dit is ook baie meer moeite as om ’n bietjie tyd te spandeer om jou burgerskap van die begin af te beskerm.

Hoekom moet jy jou SA burgerskap beskerm?

Breytenbachs Immigration Consultants raai hulle Suid-Afrikaanse kliënte aan om hulle Suid-Afrikaanse burgerskap te beskerm voordat hulle aansoek doen om Britse burgerskap. Kliënte dink dikwels dit is onnodig omdat hulle permanent emigreer. So ’n besluit bring egter implikasies mee wat later ‘n invloed kan hê op individue en hulle families. Ons raai ons kliënte dus aan om liewer die prosedure te volg om administratiewe rompslomp in die toekoms te voorkom.

Gesels gerus met ’n Breytenbachs-konsultant. Die konsultant kan jou raadgee oor die presiese prosedure om jou SA burgerskap te behou. Voorsorg is beter as nasorg as dit jou SA burgerskap raak.

Vir meer inligting kan jy gerus kontak maak met Breytenbachs.

LEES OOK: Ja, jy kan jou Suid-Afrikaanse burgerskap verloor

 

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest