Leesvordering:

Binnekort beskikbaar by Kraal Uitgewers: So is onse mense

Mei 11, 2022

So is onse mense is J.C. Steyn se laaste bundel. Dit bevat ’n versameling “herbesoeke” oor geskiedkundige onderwerpe, outobiografiese grepe en rubrieke waarin sy meesterlike talent as prosaskrywer en navorser ten toon gestel word.

Steyn stel lesers onder meer weer bekend aan die bykans vergete geskiedenis van die laaste dramatiese dae van Mei 1902, soos gesien deur die oë van twee vooraanstaande dramaturge; hy herontdek die lewe en werk van die veldprediker en stigter van die Reddingsdaadbond, J.D. Kestell; en stel ondersoek in na die manne en vroue wat verantwoordelik was vir die oprigting van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein.

In die tweede afdeling benader hy die geskiedenis meer outobiografies en gee jou ’n kykie in sy lewe as jong Vrystaatse seun van die Brandwaterkom. Dan volg tien korter rubrieke – elk met Steyn se kenmerkende fyn benadering tot interessanthede uit die verlede.

Steyn se skielike afsterwe in September 2021 het beteken dat hy nooit die finale weergawe van dié bundel onder oë kon kry nie. Die werk sluit ook huldeblyke van oudkollegas, vriende en familie in en bring eer aan een van Afrikaans se grootste woordmeesters.

So is onse mense word binnekort by Kraal Uitgewers bekendgestel. Besoek die uitgewer se veilige aanlyn winkel by www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting en om ’n bestelling te plaas.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest