Die Departement van Binnelandse Sake het herhaal dat hy geen onmiddellike planne het om die groen staafgekodeerde identiteitsboeke (ID-boeke) te staak nie.

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van Binnelandse Sake, het Woensdag by die Centurion-kantoor van Binnelandse Sake gesê dat die departement innig bekommerd is oor onwaar gerugte oor die lewensduur van die ou ID-boeke.

“Hierdie gerugte, wat eerste teen die einde van 2017 verskyn het, is voorgelê as ’n kennisgewing van die Departement van Binnelandse Sake (DBS) en beweer dat 31 Maart 2018 die verstrykingsdatum vir die gebruik van die ou groen staafgekodeerde ID-boekies is. Dít het landsburgers, in groot getalle, na Binnelandse Sake se kantore gedryf om in ’n paniek vir slim ID-kaarte aansoek te doen,” sê Apleni.

“Ten tyde moes ons vinnig reageer om te sê dat sulke gerugte onwaar is en nie van ons af kom nie. Ons word weereens deur dieselfde verkeerde berigte gekonfronteer van die begin van Januarie 2018 af, meestal op sosiale media versprei.”

In ’n soortgelyke verklaring in November uitgereik, het Binnelandse Sake gesê dat hy dit duidelik wil maak dat die groen staafgekodeerde ID-boeke ’n wettige vorm van identifikasie bly, en sal bly tot so ’n tyd dat die ‘Live Capture System’ by alle kantore van Binnelandse Sake uitgerol is om sodoende Suid-Afrikaners toe te laat om by hul naaste kantore vir slim ID-kaarte aansoek te doen.

“Die departement het ’n plan ontwikkel om die groen ID-boeke geleidelik uit te faseer en uiteindelik restourasie, algemene burgerskap, identiteit en waardigheid aan Suid-Afrikaners te konsolideer,” het die verklaring gelui.

Verbeterde uitrol

Apleni sê toe Binnelandse Sake met die uitrol van slim ID-kaarte begin het in Julie 2013, sy data gewys het dat 38 miljoen mense in besit van die ou groen boekies was.

Gevolglik is ’n aantal studies onderneem sodat ’n strategie vir ’n soomlose uitrol bepaal kon word. “Byvoorbeeld, ons het geweet dat een werkstasie 28 kaartaansoeke per dag kan hanteer,” sê Apleni.

“Dit neem gemiddeld 17 minute om die vaslegging van ’n aansoek af te handel. Op gemiddeld kan ’n kantoor met drie rekenaars verwag om 84 aansoeke per dag in te neem. Ons kon dus skat hoeveel kaarte ons kan vervaardig te eniger tyd met die aantal outomatiese kantore wat ons gehad het en wat met regstreekse vaslegging toegerus is.

“Gevolglik, toe ons begin het, het ons nuwelingaansoekers en bejaardes genooi om die eerstes te wees wat vir die slim ID-kaarte aansoek doen, sonder enige koste. Dit was gebaseer op ons kapasiteit op daardie tydstip,” sê hy.

“Byvoorbeeld, Centurion het slegs vyf werkstasies vir hierdie taak. Dus, in lyn met ons norm, kan dit slegs 140 kaarte per dag vervaardig.

“Met meer kantore, met outomatiese stelsels en gerugsteun deur 14 banktakke op eHomeAffairs, het ons voortgegaan om die dekking na ander afdelings van die bevolking uit te brei. Hierdie afdelings, anders as nuwelingaansoekers, het [reeds] ’n vorm van identifikasie, in die vorm van die groen staafgekodeerde ID-boeke,” sê hy.

Apleni voeg by dat 184 van sy 411 kantore tans regstreekse vasleggingstelsels het wat aansoeke vir slim ID-kaarte en paspoorte kan verwerk, met 227 kantore wat nog gemoderniseer moet word. Daarby is Binnelandse Sake tans in gesprekvoering met deelnemende banke om kapasiteit deur addisionele banktakke te verhoog.

“Ons werk daaraan om ons stelsels ten volle geoutomatiseer te kry, en ontwikkel ook ’n mobiele oplossing om die uitrol van slim ID-kaarte te ondersteun. Tussen 2013 en 2017 was ons in staat om die 7 miljoen-mylpaal op slimkaartuitreikings te bereik. Met die 38 miljoen mense wat ons moes dek, moet dit duidelik wees dat hierdie boodskappe wat die rondte doen oor Maart 2018 van alle waarheid ontbloot is en dus geïgnoreer moet word,” sluit Apleni af.

Hierdie artikel het oorspronklik op BusinessTech se webtuiste verskyn.

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest