Leesvordering:

Binnelandse sake: Suid-Afrikaners in die buiteland kan nou aansoek doen om ‘n noodpaspoort

Aug 28, 2020

Suid-Afrikaners wat steeds gestrand is in die buiteland en dringend moet terugkeer Suid-Afrika toe, kan nou aansoek doen om ‘n noodpaspoort.

Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi sê Suid-Afrikaners in die buiteland wie se paspoorte verval het, kan aansoek doen vir ‘n tydelike, eenrigtingpaspoort ten einde na die land te kan terugkeer. Motsoaledi het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria meer besonderhede bekend gemaak oor reismaatreëls tydens Vlak 2 van die inperkings.

Motsoaledi sê paspoorte kan nie hernu word of vir ‘n verlengde periode geldig wees nie. Hy sê dié maatreëls oor paspoorte word nie deur die Departement bepaal nie, maar deur ‘n internasionale burgelike organisasie Iacao. Motsoaledi sê alle lidlande van dié organisasie volg die internasionale reëls oor die geldigheid van paspoorte. Bron: RSG Nuus

Dienste verskaf deur binnelandse sake op vlak 2:

  • Mense nou aansoek doen vir permanente identiteitsdokumente, waar dié dokumente verval het.
  • Aansoeke vir identiteitsdokumente word heropen vir diegene wat vir die eerste keer aansoek doen.
  • Aansoeke vir die wysigings van besonderhede aan ID-dokumente word ook nou toegelaat.
  • Mense wat foute op hul ID-dokumente het, kan ook nou aansoek doen om die foute te laat regstel.

Alle tydelike identiteitsdokumente wat gedurende die nasionale ramptoestand uitgereik is wat nog nie verval het nie, word verleng tot 31 Oktober. Nuwe aansoeke word egter nie gedurende vlak 2 toegelaat nie. Die departement se digitale portaal bly ook buite werking.

 

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest