Leesvordering:

Bly só in kontak met jou kleinkinders

Jul 4, 2019

Hoe na aan jou kleinkinders jy woon, bepaal dikwels watter soort verhouding jy met hulle het. Gelukkig is daar met die hedendaagse tegnologie geen rede waarom jy nie genoeg tyd saam met hulle kan spandeer nie. Daar is talle toeps vir jou selfoon en verskeie platforms vir video-oproepe, en jy kan natuurlik steeds gebruik maak van e-pos of selfs briewe.

Jy kan ook proaktief wees en elke kuier ten beste benut met die wenke hier onder.

Skep ’n huis ver van die huis af

Hoe goed jy jou plek vir jou kleinkinders kan inrig, hang af van die finansies en spasie tot jou beskikking. Dit sal baie help as daar iets bekends is elke keer as hulle kom kuier. Jy kan byvoorbeeld ’n groot boks speelgoed aanhou, en des te beter as dit hulle pappa of mamma se ou speelgoed is. Of hang jou mure vol foto’s van familie sodat jou kleinkinders almal leer ken, ook dié wat hulle dalk nooit ontmoet het of sal ontmoet nie. As jou mure vol is, blaai saam met hulle deur albums met foto’s van hulle pa of ma.

As jy baie spasie het, kan jy selfs ’n speelkamer afsonder vir die kleinkinders en hulle waarlik iets gee om na uit te sien elke keer as hulle kom kuier! Of maak hulle gunstelingmelkskommel, lees hulle gunstelingboek voor hulle gaan slaap en skep tradisies wat hulle vir die res van hul lewens gaan onthou.

Moenie wag vir die avontuur nie, wees die avontuur

Neem inisiatief en beplan uitstappies eerder as om te wag vir ’n lekker ervaring saam jou kleinkinders. Gaan dieretuin toe, doen ’n staproete, neem kooklesse of begin verf. Hoe meer jy jou eie lewe geniet, hoe makliker kan jy jou kleinkinders saamnooi. Dit sal elke kuier ’n spesiale geleentheid maak.

Gebruik tegnologie om die afstand kleiner te maak

As jou kleinkinders ver of in ’n ander land woon, kan jy tegnologie gebruik om die afstand te oorkom. Hier is ’n paar opsies wat jy kan oorweeg:

  • Jy kan maklik ’n video-oproep op WhatsApp maak, of as jy ’n iPhone het, kan jy FaceTime gebruik. Skype is maklik om op jou selfoon of rekenaar te gebruik. Zoom is ideaal as jy met al jou kleinkinders gelyk wil gesels en jy het geen sagteware nodig nie; vra sommer een van jou kleinkinders om die skakel vir jou te e-pos en binne sekondes kan jy met hulle begin gesels.
  • Met die Moment Garden-toep kan jy deurentyd op hoogte bly van alles wat in jou kleinkind se lewe aangaan. Vra jou seun of dogter om ’n “tuin” oop te maak en foto’s van belangrike gebeure daarin te “plant”. Elke keer as hulle ’n foto of opmerking plaas, kry jy ‘n e-pos. Die toep is privaat, baie veilig en gee jou die geleentheid om deel te wees van jou kleinkind se daaglikse lewe.
  • TouchNote is ’n toep waarmee jy op jou slimfoon kaartjies met foto’s kan ontwerp en na enigiemand enige plek ter wêreld kan stuur. Dit is ideaal vir spesiale geleenthede of om sommer net te wys jy mis hulle.

Die beste manier om ’n goeie verhouding met jou kleinkinders te handhaaf, is om ’n roetine te vestig. Die lewe raak maklik besig en dit is moeilik onbeplande geselsies in te pas. Vestig ’n roetine deur jou kleinkinders elke week of elke maand op dieselfde tyd te bel. Spreek ’n tyd af wat julle video-oproepe kan maak en toon belangstelling in selfs die kleinste gebeure in hulle lewens.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest