Leesvordering:

Boedelberedding – ʼn Kort oorsig

Feb 15, 2021

Die bereddering van ʼn boedel is ʼn tegniese proses en dié dokument bied ʼn uiteensetting van relevante inligting aangaande die administrasie van ʼn boedel.

Aanstel van ʼn eksekuteur

Voordat die eksekuteur van ʼn boedel aangestel kan word, moet die Meester van die Hoër Hof (die Meester) amptelik van die dood in kennis gestel word. Dit word gedoen deur sekere voorgeskrewe dokumente (bv. doodsertifikaat, inventaris, aanneming van eksekuteurskap en die testament, indien enige) by die Meester in te dien.

Wanneer die Meester die ingediende dokumente ontvang, sal die dokumente deur hom nagegaan word en die geldigheid van die testament, indien enige vasstel. As hy tevrede is, sal hy ʼn eksekuteur aanstel deur ʼn eksekuteursbrief uit te reik. Indien geen testament nie, of benoemde eksekuteur is nie beskikbaar nie, is die algemene werkswyse dat skriftelike nominasies aan die Meester voorgelê word vir sy goedkeuring en die eksekuteur aanstel deur ook ʼn eksekuteursbrief uit te reik. Indien die testament nie die genomineerde eksekuteur vrystel van die verskaffing van sekuriteit nie, moet die genomineerde eksekuteur ʼn bewys van sekuriteit aan die Meester lewer alvorens ʼn eksekuteursbrief uitgereik word. Sodra die eksekuteur dit ontvang, sal hy met die boedeladministrasieproses begin. Die eksekuteur versamel dan al die inligting van instansies wat betrekking het op bates en laste van die oorledene.

Voorbereiding en opstelling van likwidasie- en distribusierekening

Met ontvangs van die Eksekuteursbrief, is die eksekuteur verplig om kennisgewings in die Staatskoerant en ʼn plaaslike koerant te plaas. Hierdie kennisgewings stel krediteure in kennis dat hulle hul eise teen die boedel binne dertig dae vanaf ʼn gespesifiseerde datum moet instel. Intussen gaan die eksekuteur voort met die waardering van die vaste en roerende bates en die inwin van besonderhede aangaande die oorledene se beleggings.

Sodra die nodige inligting ontvang is, sal die eksekuteur vasstel of die beskikbare fondse genoeg is om verpligtinge te dek. Indien nie, moet daar met die begunstigdes onderhandel word oor hoe hulle die kontanttekort vrywillig gaan dek. Indien hulle nie kan help nie, sal die eksekuteur verplig wees om van die bates te verkoop om die kontanttekort te oorbrug. Dit kan tot tydsame onderhandelings tussen die begunstigdes en ander partye lei.

Teen hierdie tyd behoort die eksekuteur ook vasgestel het wat die oorledene se posisie ten opsigte van belasting is en die nodige opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in te dien.

Afhangende van die omvang en kompleksiteit van die boedel kan die voorbereidingswerk enigiets van ses weke tot ses maande neem voordat die likwidasie- en distribusierekening opgestel kan word. Behalwe as uitstel toegestaan is, is die eksekuteur, wat onderhewig is aan die Boedelwet, verplig om binne ses maande na sy aanstelling ‘n rekening by die Meester in te dien.

Inspeksieproses

Sodra al die inligting bymekaar gemaak is, kan die eksekuteur ʼn likwidasie- en distribusierekening opstel. Hierdie rekening sit alle bates, laste en administrasiekoste uiteen en toon die verdeling van die netto bates en of daar boedelbelasting betaalbaar is of nie. Die rekening is dus ʼn opsomming van die hele administrasieproses.

Die rekening word by die Meester ingedien en word dan deur die beamptes by die Meesterkantoor ondersoek om te verseker dat alle vereistes nagekom is. Die Meester kan verdere inligting en bewyse aanvra by wyse van ʼn vraelys.

Oopstel vir Inspeksie

Wanneer die Meester tevrede is met die rekening, is die eksekuteur verplig om die rekening vir 21 dae ter insae te laat lê sodat belanghebbende partye die geleentheid het om dit te inspekteer. Om aan hierdie vereiste te voldoen, word kennisgewings in die Staatskoerant en ʼn plaaslike koerant geplaas wat die datums en plekke adverteer wanneer en waar die rekening ter insae sal lê. Gedurende hierdie geadverteerde periode mag belanghebbende partye besware oor die rekening aan die Meester indien.

Finalisering van die Boedel

Indien geen besware ingedien word nie, mag die eksekuteur voortgaan om die boedel te finaliseer. Hy sal skuldeisers (insluitende SARS) betaal, reël vir die oordrag van vaste eiendom en laastens erfporsies aan erfgename oorhandig/betaal. Die oordragproses neem tyd in beslag omdat wetgewing hier ʼn groot rol speel.

Wanneer die Meester bewyse het dat skuldeisers almal betaal is, dat al die erfgename hul erfporsies ontvang het en dat eiendom oorgedra is, word die boedel as afgehandel beskou en kan die eksekuteur aansoek doen vir ʼn liasseringsnota by die Meester.

Wetgewing

In Suid-Afrika word die administrasie van ʼn oorledene se boedel hoofsaaklik deur die Boedelwet van 1965 gereguleer. Die proses wat hier uiteengesit word is hoofsaaklik op die vereistes van hierdie wetgewing gebaseer.

Faktore wat bereddering kan vertraag

  • Afwesigheid van ʼn testament of geen genomineerde eksekuteur nie.
  • Gebrekkige inligting en vertragings in die opsporing van bewyse vir die voltooiing van belastingopgawes.
  • Gebrekkige dokumente en gebrek aan inligting.
  • Likwidasie van besigheidsbelange.
  • Dispuut oor eise.
  • Foutiewe, onpraktiese of verouderde testamente.
  • Staking van beperkte regte soos vruggebruik.
  • Vertragings in die opspoor van inligting/dokumente vanaf sekere private en regeringsinstansies.
  • Dispute en onmin tussen erfgename.

 

Kontak gerus vir Fanus Jonck, fanus@jonck.net as u enige Boedelnavrae het.

Meer oor die outeur

Fanus Jonck

Fanus Jonck is 'n ervare belastingskonsultant. Kontak hom gerus vir enige belastingsverwante navrae deur 'n e-pos te stuur na tax@jonck.net

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest