Leesvordering:

Boek van die week: Betsie, Meneer Tier en die blou maan

Jun 4, 2019

Betsie, Meneer Tier en die blou maan is ’n betowerende verhaal met ’n jong meisie, Betsie, as die hoofkarakter. Hierdie storie het alles wat ’n feëverhaal moet hê en soveel meer. Daar is reuse, paddas wat praat, towerbessies en woorde soos “goebelgops” en “wenslekker”. Die kersie op die koek is dat die storie se verteller die letters van die alfabet is!

Die storie speel af op ’n eiland wat klein genoeg is dat Betsie en haar pa, die eiland se roomysmaker, regoor die eiland kan reis in een dag. Betsie se ma is ’n meermin wat in die see rondom die eiland woon en gereeld vir hulle kom kuier. Al klink dit of Betsie alles het waarvan ’n klein dogtertjie kan droom is daar wel iets wat sy baie graag wil hê en dit is om Meneer Tier en sy sirkus in lewende lywe te sien. Haar drome word bewaarheid wanneer sy vir Meneer Tier moet help met ’n baie belangrike taak deur die goebelgopsers van Goebelgops-eiland te red van ’n wrede prinses.

Betsie, Meneer Tier en die blou maan is meesterlik vertaal deur Jaco Jacobs, wat die integriteit van Sally Gardner se oorspronklike verhaal behou het, iets wat ongelukkig soms verlore gaan wanneer boeke vertaal word. Die oorspronklike betowering bly behoue en jy mag dalk net ’n paar wonderlike woorde ook leer.

Die storie is ideaal vir laerskool leerders omdat die storie ’n sterk vroulike karakter het wat nie bang is vir ’n avontuur nie. Aangesien die storie vertel word deur die letters van die alfabet is dit geen verrassing dat daar in die storie baie waarde geheg word aan woorde en wat gesê word nie. Kinders leer dat daar krag lê in woorde en name, nie net name wat by geboorte aan jou gegee word nie, maar ook name of woorde wat gebruik word om jouself asook ander te beskryf. Hierdie tipe verhale is uiters belangrik vir kinders wat nog leer hoe om aan te pas in ’n wêreld wat nie altyd so feëagtig is soos wat dit in boeke is nie. Ek dink Sally Gardner, Nick Maland (illustreerder) en Jaco Jacobs (vertaler) verdien beslis ’n warm applous vir hierdie wonderlike verhaal.

Kry Betsie, Meneer Tier en die blou maan hier

 

Meer oor die outeur

Chante Kelder-Jansen van Rensburg

Chanté Kelder-Jansen van Rensburg is 'n mediaskakelbeampte by AfriForum. In haar vrye tyd hou sy daarvan om boek te lees en ook om self so bietjie te skryf.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest