Leesvordering:

Boek van die week: Blinde Gode

Nov 2, 2019

Aella O’Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers ’n week en sy moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek.

Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van ’n afgevaardigde van ’n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie in die strafregstelsel – op die presiese tydstip wat ’n plaaslike landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel.

Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig. Leblanc is ’n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om uit te vind wat van die geld word wat Europa vir renosterbewaring skenk.

Terselfdertyd word twee renosterstropers koelbloedig voor kolonel Alexander MacLachlan op die verre noordelike grens van die provinsie doodgeskiet. Hy arresteer die moordenaar op die toneel. Sy saak word beduiwel toe die moordenaar homself om die lewe bring.

Hoe hou die moord op ’n landdros en die teregstelling van twee renosterstropers met mekaar verband? Die ondersoek lei O’Malley en MacLachlan na mekaar, met skokkende gevolge.

Die ondersoek is egter ook ’n helingsproses vir O’Malley. Deur die harde werklikheid van ’n moordondersoek leer sy dat die dooies die dooies moet begrawe en dat hoop nooit ydel kan wees nie.

Dibi Breytenbach huldig die ware helde wat aan die voorpunt van renosterstropery staan. Haar navorsing is gebaseer op ware verhale van die talle anti-stropereenhede met wie sy gesels het. Blinde gode is fiksie, want die werklike helde op wie se spanne dié roman geskoei is, se lewens sal in gevaar wees as hulle bekendgemaak word. Hierdie fiksie is na aan die been.

Hierdie boek het soveel aandag getrek dat Lente Rode, die uitvoerende hoof van die Hoedspruit Endangered Species Centre (HESC) haar steun aan die boek toegesê het. HESC behandel talle renosterwesies wie se ouers vir hulle horings geskiet is, en hulle behandel ook beseerde renosters.

HESC is oop vir die publiek.

Blinde gode

Dibi Breytenbach

Druknaam: LAPA

Algemene Fiksie

9780799398205

R285,00

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest