Leesvordering:

Boek van die week: Die Kampioene-reeks

Jan 4, 2019

Kom stap in die voetspore van Suid-Afrika se grootste sporthelde. Hierdie fantastiese nuwe reeks plaas die kollig op Suid-Afrikaanse sportlegendes se reis na nasionale en internasionale roem. Dit is geskryf vir lesers van nege jaar en ouer. Die reeks vertel die opwindende stories van vyf sportsterre uit verskillende agtergronde wat almal supersterre geword het.

Voorstelle vir klaskameraktiwiteite kom in elke boek voor.

Siya Kolisi

Ontdek hoe Siya Kolisi bo sy moeilike grootwordjare in die Oos-Kaap uitgestyg het om een van ons land se grootste rugbysterre te word.

AB de Villiers

Lees die inspirerende verhaal van die skoolseun AB de Villiers wat een van die grootste name in wêreldkrieket geword het.

Wayde van Niekerk

Ontmoet Wayde van Niekerk, ’n skraal, tengerige seuntjie wat teen alle verwagtinge in ’n Olimpiese superster en een van die vinnigste mense op die planeet geword het.

Caster Semenya

Caster Semenya se skooljare was moeilik, maar sy het bo haar omstandighede uitgestyg en deesdae is sy ’n sportambassadeur vir ons land wat met ’n Olimpiese goue medalje spog.

Hashim Amla

Van sy kinderdae toe hy saam met sy broer straatkrieket voor die moskee in Tongaat gespeel het, tot ’n internasionale loopbaan as sportster wat die landskap van Suid-Afrikaanse krieket vir ewig verander het – maak kennis met die legendariese Hashim Amla

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest