Leesvordering:

Boek van die Week: Doodsake op Karibib

Jul 6, 2018

Doodsake op Karibib

Isa Konrad

Inspekteur Conrad Dorfling is terug! Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ’n lyk is.

Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:

  • Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.
  • Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie, want …
  • die hele polisiestasie weet skynbaar reeds van sy en Alet se afskeidsoen …

Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ’n geraamte is, ʼn doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie. Boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ’n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad. Hy is bang, want hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe?

Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ’n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Doodsake op Karibib volg op Moord op Karibib. Doodsake op Karibib word uit die manlike hoofkarakter, Dorfling, se perspektief aangebied. Dorfling is lieflike, onbeholpe karakter met ’n goeie hart. Daar is iets van Sally Andrews se “Detective Kannemeyer” te bespeur, maar Dorfling ontwikkel in ’n unieke, Namibiese speurder.

Konrad se fyn waarnemingsvermoë en lekker sin vir humor, asook haar deerniswekkende karakters, sorg vir ’n opkrullekkerboek. Nie te veel bloed nie. Net genoeg spanning en hope menslikheid, soos styfgeklitste room, bo-op.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest