Hier is ’n hekelboek met ’n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Die stories gaan oor verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van ’n kind, asook emosionele en fisieke mishandeling.

Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Al kan hul omstandighede nie verander nie, word die probleme deurgaans op ’n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer.

Die boek bevat een-en-twintig verhale met een-en-twintig gepaardgaande projekte en patrone wat die leser kan help om stres of trauma te verwerk.

Die boek kan gesien word as die Afrikaanse hekelweergawe van die bekende fliek How to Make an American Quilt. Lesers wat Zakes Mda se Cion geniet het, sal ook hierby aanklank vind.

Entoesiastiese beginners sal geskikte patrone hier vind, en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak.

Ons ontwerper het helder kleure ingespan; bont genoeg om die leser se dag mee op te vrolik.

Nadia de Kock Nadia is ’n skrywer van Johannesburg.

Hilda Steyn is ʼn ontwerper van Pretoria. Haar patrone word wêreldwyd geniet.

Hekel en word heel

Nadia de Kock en Hilda Steyn

Niefiksie

9780799384840

R280,00

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest