Leesvordering:

Boek van die week: Oopmond

Aug 23, 2019

Die wenner van LAPA se jeugromankompetisie het geland!

Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is ’n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien, dinge uit die verlede, dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê, verskyn die Franssprekende Camille en dan begin sy in die verlede terugreis. As Koba raak sy verlief op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm. Sy word Madelaine Taillefert en haar lewe word nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered. Dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors.

Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig, maar seker, ontrafel, is hulle gewikkel in ’n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop.

Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, ook die hede en die verlede, meesterlik vervaag in ’n wegholrit van ’n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.

Oopmond is ’n uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes. Temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reïnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek.

Jan Vermeulen is tans ’n uitblinker in die jeugboekgenre. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2015 wen hy die LAPA Jeugromankompetisie met sy boek Asem, wat ook deur die internasionale kinderboekliggaam IBBY as ereboek aangewys word. In 2017 is hy ’n naaswenner van die Sanlamprys vir Jeuglektuur met Soen, en in 2018 wen hy LAPA se jeugromankompetisie vir die tweede keer in ’n ry met Oopmond.

Jan en sy vrou, Diana, woon in die Oos-Kaap.

Oopmond

Jan Vermeulen

Tienerfiksie

Ouderdom: 17+

9780799389319

R200,00

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest