Leesvordering:

Boek van die week: Prinsessie en Boekeman

Jul 12, 2021

deur Ilze Nieuwoudt

Prinsessie en Boekeman begin, soos alle goeie stories, eendag lank, lank gelede en neem klein lesers saam op Prinsessie se reis in haar wonderwêreld van boeke.

Hoewel Prinsessie skynbaar alles het wat haar hart begeer, kruip sy dikwels weg tussen die bladsye van haar boeke waar die karakters haar enigste ware maats is. As die storms woed, bou sy ’n boekefort om haar teen die storms én die lewe te beskerm. Eers lees klein Prinsessie oor Wolraad Woltemade, Racheltjie de Beer en rare karakters uit feëverhale.

Later droom sy van prinse op perde uit ver, ver lande. Uiteindelik gaan sy self op reis en vind die een ding waarvan sy nooit kon droom nie – ’n boekeman!

En toe? Kom lees self die storie verder.

Kategorieë: Boeke/ Kraal Kleinspan/ Kinderfiksie
Spesifikasies: Portret; 230 mm x 195 mm; sagtebandomslag; 28 bladsye
Uitgewer: Kraal Uitgewers
Genre: Kinderfiksie
Publikasiedatum: Julie 2021
Uitgawe: Eerste

Klik hier om die boek te koop.

 

 

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest