Leesvordering:

Boek van die week: Smit Motors

Jul 18, 2019

Soms gebeur dit dat jy die voorreg het om ’n boek te lees wat so treffend is dat die karakters en die storie by jou bly, nes skrop in jou gedagtes en jou iets gee om oor na te dink. Ek het onlangs die geleentheid gehad om Réney Warrington se tweede roman, Smit Motors, te lees en dit was behoorlik ’n wipwarit!

Dit gebeur gereeld dat die hoofkarakters in ’n roman so vêr verwyderd is van wie die leser as mens is, dat jy vergeet die karakter is ook maar net ‘n mens. In Warrington se Smit Motors voel die karakters eg, asof jy hulle kan nooi vir koffie by jou huis en dan nie hoef te keer as jou Jack Russell op hulle skote wil spring nie.

Warrington bekyk alledaagse kwessies van alle kante af en al voel die leser soms ongemaklik, besef jy eers wanneer jy die boek finaal toemaak dat jy nie kan wegkyk van die seer in ons samelewing nie. Sy vertel die gewone man of vrou op straat se storie en sy vertel dit met eerlikheid. Daar is geen tierlantyntjies of mooi-praatjies nie en jy is in vir ’n vreeslike skok as jy dink hierdie is ’n goedvoel boek of ’n boek waarin jy nie veel dinkwerk hoef te doen nie. Warrington plaas kwessies wat in ons moderne samelewing voorkom, soos kindermishandeling, post-partum depressie en teenkanting teen homoseksualiteit, in die kollig en vra een groot vraag: “Wat doen jy?”

Wat doen jy as jy weet ’n kind word mishandel? Hoe ondersteun jy iemand na aan jou wat ly aan post-partum depressie? Hoe oordeel jy iemand wat hul hart teenoor jou oopmaak? Ons almal hou daarvan om te dink dat ons die regte ding sal doen in moeilike situasies, maar wat reg is vir die een is nie noodwendig reg vir die ander een nie. Warrington maak dit duidelik dat alles nie altyd swart op wit is nie en om die regte ding te doen, nie so eenvoudig is soos wat dit van ’n afstand af lyk nie.

Die hoofkarakter, Petra, word met al hierdie dinge gekonfronteer wanneer sy haar oupa se werkswinkel in ’n afgeleë dorpie erf. Sy word vriende met Arno wat met sy hand voor sy mond glimlag, met Monty wat deur sy ouers mishandel word en met die jong meisie wat nie weet hoe om haar seksualiteit met haar ouers te bespreek nie.

My hart was seer toe ek die laaste bladsy klaar gelees het, nie omdat dit noodwendig ’n hartseer einde was nie, maar omdat ek gevoel het ek is nog nie klaar met hierdie karakters nie. Ek wil meer weet en ek wil sien waarheen hulle storie volgende gaan.

Smit Motors

Réney Warrington

Literêre fiksie

Druknaam: Wenkbrou

9780799394566

R285,00

Meer oor die outeur

Chante Kelder-Jansen van Rensburg

Chanté Kelder-Jansen van Rensburg is 'n mediaskakelbeampte by AfriForum. In haar vrye tyd hou sy daarvan om boek te lees en ook om self so bietjie te skryf.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest