Leesvordering:

Boek van die week: Wat Werner doen met sy drie miljoen

Apr 13, 2021

deur Tertius Janse van Rensburg

LAPA spog met ʼn hele paar nuwe boeke, en soos altyd is daar lekkerlees boeke vir elke boekrak.

Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop.

Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen! Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om nie die geld te eis nie … maar dan verloor Werner se ma haar werk.

Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan. Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?

Kry nou jou boek by LAPA Uitgewers:

ISBN9780639602189

Klik hier om die boek te koop.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest