Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderstebo, wonderlike en snaakse vyte. Dit is ’n heerlike boek vol grappige idees oor dinge. Oud en jonk gaan glimlag vir hierdie heerlike nonsens.

’n Mens wat hou van vyte, word ’n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens.

Wanneer ’n mens goeters uitmekaar haal en dit weer aanmekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte.

Het jy geweet dat idees die mis is van breinwurms nadat hulle mense se ongedinkte gedagtes geëet het?

Wetenskaap

Leon de Villiers

Fiksie

Ouderdom 11+

Druknaam: LAPA

9780639600406

R135,00

 

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Pin It on Pinterest