Leesvordering:

Brisbane Afrikaanse Kerk: Gemeente piekniek

Feb 1, 2021

Brisbane Afrikaanse Kerk in Australië hou piekniek.
“Ons is so opgewonde vir ons eerste gemeente piekniek die 14de Februarie by W H Yeo Park, 2-30 Eagle St Victoria Point.
Bring jou kortbroek en plakkies saam en na die teedrink gaan ons soontoe. Elkeen bring ‘n bord piekniek kos en almal eet 12 uur saam middagete.
Onthou asb om jou eie kampstoele, drinkgoed en eetgerei saam te bring.
Sien jou daar!”
Meer oor Brisbane Afrikaanse kerk:
Die bediening is in Afrikaans omdat daar ‘n groot behoefte by Afrikaanssprekendes bestaan om God in hulle moedertaal te aanbid en te dien.
Die kerk vervul ‘n groot rol as ondersteuningsbasis vir nuwe immigrante wat in Australië aankom met die gepaardgaande aanpassingsprobleme en selfs trauma wat beleef word. Die bediening is in Afrikaans omdat daar ‘n groot behoefte by Afrikaanssprekendes bestaan om God in hulle moedertaal te aanbid en te dien.
Vir meer inligting stuur e-pos aan: admin@bak.org.au
Klik hier vir BAK se Facebook blad.
Klik hier om vir BAK op die Wêreldgids te besoek.
Meer oor die outeur

Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Laat jou taal leef – selfs al is jy in die buiteland

Laat jou taal leef – selfs al is jy in die buiteland

As jy in die buiteland woon en werk is dit maklik om van jou moedertaal verwyderd te raak. Selfs al slaag hulle daarin om steeds genoeg Afrikaans te kan praat, het baie Suid-Afrikaners in die buiteland steeds ’n behoefte om hulle taal lewendig te hou. Hoe kan jy...

Natuurhoekie – Olifantkalfie by die Shingwedzirivier

Natuurhoekie – Olifantkalfie by die Shingwedzirivier

’n Olifantkalfie geniet ’n modderbad in die Shingwedzirivier in die Krugerwildtuin, en wys vir sy ma dat hy dié tegniek soortvan bemeester het. Olifante kommunikeer op vele wyses, insluitend met geluide van ’n baie lae frekwensie – selfs soms te laag vir die menslike...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week.

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week.

Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Afrikaanssprekendes ‘huiwerig’ om inenting te kry...

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Wêreldwyd vriende

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest