Leesvordering:

Buitelandse burgers wat langer bly as wat hul visums toelaat

Mei 20, 2016

Hoewel ‘n geruime tyd reeds verloop het sedert die Wysigingswet op Immigrasie en die Immigrasieregulasies in Mei 2014 in werking getree het, het hierdie wysigings steeds verreikende gevolge en ‘n groot impak op buitelandse burgers in Suid-Afrika.

‘n Belangrike wysiging is die departement van binnelandse sake se vereiste dat alle aansoeke om hernuwing of verandering van status minstens 60 dae voor die verstryking van ‘n individu se huidige visum voorgelê moet word. Dit is gewis nie in alle gevalle moontlik nie. Een van die grootste struikelblokke in die nakoming van hierdie vereiste is waar individue eers moet aansoek doen om kwytskelding van sekere vereistes van die Wet op Immigrasie omdat hulle nie aan daardie vereistes voldoen nie. Omdat individue so lank sukkel om aansoeke om kwytskelding op hul eie te finaliseer, verstryk hul visums terwyl hulle wag op die uitslag van hul aansoeke om kwytskelding. As gevolg hiervan word hierdie individue in ‘n uiters moeilike situasie geplaas.

Vir mense wat langer in Suid-Afrika gebly het as wat hul visums toelaat, bly die situasie en dit wat gedoen moet word egter dieselfde.

Die enigste opsie wat vanuit Suid-Afrika onderneem kan word, is om aansoek te doen vir kwytskelding op grond van ‘n goeie rede (“good cause waiver”). Dit is tegnies ‘n versoek aan die departement van binnelandse sake om só ‘n individu toe te laat om deur die Visa Facilitation Services (VFS) aansoek te doen vir ‘n gepaste visum.

Soos die naam aandui, vereis sodanige aansoek dat ʼn uitstekende rede aan die departement van binnelandse sake verskaf moet word waarom die individue langer in die land gebly het as wat hul visums toegelaat het en waarom hulle toegelaat moet word om in Suid-Afrika te bly terwyl hulle voortgaan met die aansoekproses. Om met so ʼn aansoek te slaag, moet die omstandighede beslis buitengewoon wees. Indien die aansoek suksesvol is, word die individu gemagtig om deur VFS ʼn aansoek by die departement van binnelandse sake in te dien.

Indien die aansoek onsuksesvol is, word die individu tot ‘n ongewenste persoon verklaar omdat hy/sy langer in die land gebly het as wat sy/haar visum toegelaat het en hy/sy het dan gewoonlik 14 dae om Suid-Afrika te verlaat. Dit beteken dat die individu dan 10 werksdae het om te appelleer teen die besluit om hom/haar ongewens te verklaar. Die aansoek word direk by binnelandse sake se hoofkantoor ingedien en die persoon moet buite Suid-Afrika bly totdat die aansoek om appèl verwerk is. Aansoeke van hierdie aard kan ‘n minimum van twee tot vier maande neem om te voltooi vanaf die datum van indiening. Natuurlik is dit baie moeilik om so lank buite Suid-Afrika te bly vir iemand wat glad nie beplan het om uit die land uit te gaan nie.

Indien die appèlproses suksesvol is, mag die individu aansoek doen vir ‘n gepaste visum om terug te keer na Suid-Afrika. Indien die aansoek geweier word, bly daardie person ‘n ongewenste persoon totdat die tydperk waarvoor hy/sy as ongewens verklaar is verval en tot dan mag hy/sy nie na Suid-Afrika terugkeer nie.

Watter proses die geskikste sal wees om te volg, word altyd bepaal deur elke betrokke geval se omstandighede. ‘n Immigrasieprokureur moet verkieslik gekontak word om die situasie te evalueer.

Tarryn Pokroy Rietveld
Julian Pokroy Attorneys
Immigrasie-, Vlugteling- en Nasionaliteit-spesialisprokureurs
E-pos: enquiries@immigration.org.za

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest