Deur Jacinda Olivier
Die geboorte van kinders van Suid-Afrikaanse ouers in die Verenigde Koninkryk veroorsaak soms verwarring rakende die nasionaliteit van die kinders, aangesien ouers nie seker is of die kind outomaties Britse burgerskap ontvang en wat die kwessie gaan wees rakende die kind se Suid-Afrikaanse burgerskap nie. Daar is ook selfs meer verwarring in gevalle waar die ouers Britse burgerskap ontvang het, en intussen teruggetrek het na Suid-Afrika!
Die konsultante by Breytenbach’s Immigration het gevolglik ’n kort handleiding oor hierdie kwessies saamgestel. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat hierdie slegs breë riglyne is en dat dit die beste is om professionele advies vir jou unieke omstandighede in te win.
Suid-Afrikaanse ouers met dubbele burgerskap
Britse burgerskap vir die kind
Indien ’n baba gebore word wat Suid-Afrikaanse ouers het, en dié ouers beskik oor beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap, sal sy/haar burgerskap bepaal word deur die plek waar die kind gebore is. Indien die kind in Brittanje gebore is (d.w.s. Brits via geboorte), sal hy/sy outomaties Brits wees, en die ouers kan eenvoudig om ’n Britse paspoort aansoek doen sodra die kind gebore is.
Indien die kind buite die VK gebore is (d.w.s. Brits via herkoms), sal die aansoek deur die Britse Hoëkommissariaat in die land waar die kind gebore is gedoen moet word.
Suid-Afrikaanse burgerskap
Indien die ouers van die kind oor dubbele burgerskap beskik, Suid-Afrikaanse en Britse burgerskap, sal die kind ook in staat wees om vir Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek te doen. Die ouers sal die kind se geboorte by die Suid-Afrikaanse Hoëkommissariaat moet registreer indien die kind in die VK gebore is. Dít moet binne enkele dae ná geboorte gedoen word. Indien die kind in Suid-Afrika gebore is, moet die ouers die geboorte eenvoudig by die Departement van Binnelandse Sake registreer.
Ouers wat gebore Suid-Afrikaanse burgers is, moet verseker dat hulle wel deur die proses gegaan het om hulle Suid-Afrikaanse burgerskap deur middel van ’n retensie-aansoek te beskerm, alvorens die Britse burgerskap toegestaan was, indien hulle daarvoor gekwalifiseer het deur naturalisasie.
Stuur ’n e-pos na Breytenbachs by info@bic-immigration.com of besoek ons webtuiste vir meer inligting. Jy kan jou naaste Breytenbachs ook by die volgende nommers skakel: Durban – 031 880 2777, Kaapstad – 021 830 5246 of Pretoria – 021 460 9959, of ons Londen-kantoor by +44 207 442 2160.
Let daarop dat die inligting in hierdie artikel nie op professionele advies neerkom nie. Dit word verskaf as algemene inligting sonder waarborg van enige aard, hetsy uitdruklik of by implikasie.