Leesvordering:

Christiaan de Wet: “Die Afrikaner se grootste krygsman”

Okt 7, 2021

Genl. Christiaan de Wet is vandag 167 jaar gelede, op 7 Oktober 1854, op die plaas Leeuwkop, in die Smithfield-distrik gebore. Hy is op 19-jarige ouderdom met Cornelia Kruger getroud – ’n huwelik waaruit 16 kinders gebore is.

De Wet het aan die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) deelgeneem, maar word veral onthou vir sy deelname aan die Anglo-Boereoorlog (1899-1902). Hy het hom vroeg in die oorlog al as uitmuntende leier onderskei, maar dit was juis die latere guerrillaoorlogvoering waarin De Wet tot sy volle reg gekom  het.

Hy behaal by Sannaspos, Mostertshoek en Rooiwal met guerrilla-taktiek een oorwinning ná die ander. “Dit bring nie net sy naam op die lippe van die ganse beskaafde wêreld nie, maar gee aan die hele oorlog ’n nuwe dimensie, nl. om dit so lank as moontlik uit te rek en op dié wyse die vyand tot ’n wapenstilstand te dwing. In die Vrystaat word die stryd uiteindelik ’n stryd om die persoon van De Wet,” skryf die historikus prof. M.C.E. van Schoor.

Dié historikus het De Wet ook as “die Afrikaner se grootste krygsman” beskryf.

Aan die einde van dié uitmergelende oorlog onderteken De Wet op 31 Mei 1902 die vredesooreenkoms as waarnemende staatspresident van die Vrystaat teen wil en dank (omdat pres. M.T. Steyn ernstig siek was).

Ná die oorlog het hy gaan boer en ook later weer die politiek betree en is as minister van Landbou aangestel. In 1910 was hy lid van die Nasionale Konvensie wat die Unie van Suid-Afrika tot stand bring en in 1914 word hy medestigter van die Nasionale Party. Later daardie jaar neem hy egter die wapen op teen die regering as deel van ’n Afrikanerrebellie. Hy word gevange geneem en aan hoogverraad skuldig bevind, waarvoor hy ’n groot boete én tronkstraf van ses jaar opgelê word.

Hy gaan woon aan die einde van sy lewe op die plaas Klipfontein, buite Dewetsdorp, en sterf daar op 3 Februarie 1922.

Lees meer oor De Wet se betrokkenheid in die Eerste Vryheidsoorlog in die bekroonde publikasie Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 deur dr. Jackie Grobler. Dié boek is hier beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel. Die boek Afrikanerrebellie, 1914-1915 is ook in die e-winkel beskikbaar (klik hier vir meer inligting).

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest