Leesvordering:

COVID-19: Gebruik tegnologie tot jou voordeel

Apr 6, 2020

Die gebruik van tegnologie, in watter vorm ook al, kan wonders verrig om jou te help om die paniek wat so pandemie ontlok te kniehalter. Hier is ‘n paar wenke wat jou kan help om die tegnologie tot jou voordeel te gebruik in tye van groot onsekerheid.

Sosiale media is jou leeflyn, maar skakel af indien nodig!

Die gebruik van sosiale media het al baie gesprekke rondom sosiale, politieke, religieuse, en ander kwessies ontlok, maar as daar een ding is wat die vierde industriële revolusie kon bemagtig, is dit die onmiddellike kontak met geliefdes wat sosiale media moontlik maak. As jy lande ver weg is van iemand, gebruik sosiale media om in kontak te bly en vriende en familie in te lig oor jou veiligheid. Daar is natuurlik WhatsApp, en WhatsApp-groepies, Facebook, Instagram, en ander gebruiklike toeps. Bly op hoogte van nuus met toeps soos NetNuus of Netwerk24 wat gereelde kennisgewings oor die stand van sake in die wêreld gee. Hou egter ingedagte dat te veel nuus nie goed is vir die gestel nie. Die BBC skryf oor die gevaar van ‘n oormatige nuus en inligting deur middel van sosiale media wat ‘n ernstige negatiewe invloed kan hê op jou geestesgesondheid – veral vir diegene wat reeds sukkel met angsversteurings.

Toeps wat die alleentyd meer draaglik maak

As jy, soos baie ander mense, besluit het om jouself te isoleer om die moontlike verspreiding van die virus te voorkom, is dit moontlik dat die binnekant van jou huis jou binnekort bietjie cabin fever kan gee. Die geheim is om jou brein gestimuleer te hou en om elke dag jou roetine so klein bietjie te verander. Daar is ‘n verskeidenheid toeps wat kan help hiermee:

  • Audible bied ‘n wye reeks luisterboeke om van te kies en stel ook ‘n paar gratis luisterboeke beskikbaar vir diegene wat nog nie so seker is oor aanlyn koop en lees nie.
  • Headspace is ‘n uitstekende toep om jou te help mediteer of om net te ontspan. Die toep is gemik daarop om mense te leer hoe om bewustheid (mindfulness) te beoefen en bied ook slaapprogramme vir mense wat sukkel om die nodige agt ure elke aand in te kry.
  • Daar is ook verskeie toeps wat by die huis oefeninge Bly aktief en aan die gang!

Met skole wat vroeër gesluit het as beplan is dit ook ‘n uitdagende tyd wat voorlê vir ouers met kleintjies wat gou verveeld raak. Terwyl dit baie maklik is om hulle voor die televisie neer te plons, is dit egter belangrik om hulle breine so aktief as moontlik te hou. Litnet bied verskeie aanlyn skoolprogramme wat veral hoërskoolkinders kan help met die opkomende eksamens. Vir die kleintjies is daar programme soos “Oatu en Eara” en “Edublox” wat luister, leer en speel kombineer om jou kind so gestimuleer en besig as moontlik te hou.

Hou by kantoorure

Indien jy van die huis af werk tydens hierdie tyd is dit belangrik om vir jouself reëls te stel wat die skeiding tussen werk en huis duidelik hou. Indien jou kantoorure van 8 tot 5 verloop, hou hierby en gee jouself nog steeds die nodige breuke tussendeur werk. Skakel jou e-pos kennisgewings af wanneer dit tyd is om “huis toe” te gaan en skakel behoorlik af. Daar is verskeie aanlynplatforms wat aanlyn werk vergemaklik, soos byvoorbeeld Slack of Wrike, en dis dus makliker om te bepaal wanneer jy werk en wanneer jy ontspan. Stap weg van jou rekenaar af wanneer jy oorweldig voel deur die aanpassing van kantoor tot huislewe.

Bly bewus

Dan is daar natuurlik die maniere hoe tegnologie jou kan help in tye van ernstige nood. Die regering het onlangs ‘n WhatsApp noodnommer oopgemaak wat mense kan gebruik om hulle op hoogte te hou van kennisgewings soos dit in die land voorkom. In tye van paniek is dit vanselfsprekend dat vals inligting die rondte doen en dit kan natuurlik chaos veroorsaak. Bly ingelig en maak die regte besluite rondom jou, en almal anders, se veiligheid.

Die webtuiste sacronavirus.co.za bied ook ‘n manier om ingelig te bly en veilig te voel. Deel die visuele, informatiewe ontwerpe met jou vriende en help mekaar só om die kieme en gevare in toom te hou. ‘n Pandemie kan slegs oorwin word deur die nodige maatreëls in plek te stel – daarom is self-isolasie en opgevoedheid die beste manier om jou deel te doen vir die toekoms van die land se veiligheid, ekonomie, en algehele welstand.

In hierdie onsekere tye is dit nodig om jou brein en liggaam gesond en aktief te hou – gebruik tegnologie om die oorgang van gewone dag-tot-dag na self-isolasie makliker te maak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Deur Leandie Bräsler Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van...

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest