Leesvordering:

Daar is stilte in die oog van ’n tornado – Deel 4

Jun 27, 2018

Die letter “T” is aan die orde van my skrywe en word hierbo geïllustreer. “T” staan vir “TWAK”.

Vier maande later, en my pynlikste waarnemings tot dusver is tweeledig:

  1. Afrikaner-gasvryheid is moeilik te vinde. Watse twak is dit?
  2. Afrikaner-kinders word in Engelse skole gesit om hulle ʼn voorsprong te gee. Watse twak is dit?

 

  1. Afrikaner-gasvryheid is moeilik te vinde.

Enige persoon wat al in Parys, Frankryk was, sal vir jou sê ʼn Parysenaar hou van niks wat Ingils is nie. Dit is egter ʼn groot fout om die res van Frankryk en alle Franse oor dieselfde kam te skeer. ʼn Parysenaar is nie ʼn gwone Fransman nie, net soos ʼn Londenaar nie verteenwordigend is van alle Britte nie. Stadsmense is baie keer nie lekker mense nie. Ek het egter meer verwag van Pretorianers en “Centurianers”.

Ek voel baie mense is beetgepak deur vrees wat ʼn skaarsheidsmentaliteit tot gevolg het. Hierdie skaarsheidsvrees laat geen plek vir ander mense nie, veral nie nuwe vriende of hartsvriende nie. Inteendeel, dit laat geen plek vir enige vorm van gasvryheid nie, want mense is te besig om hulle speelgoed en speelmaats stewig aan hulle bors vas te druk. Ek sien nie gemeenskap nie: daai mense naaste aan jou wat jy eerste bel as die pawpaw die fan tref, of wat werklik weet watse werk jy doen, of wat weet wat jou drome en ideale is. Ware vriende en mense wat meer uitvra oor jou as wat jy oor hulle kan. Ware vriende en mense wat meer luister as praat.

Skaarsheidsvrees maak jou kop en jou wêreld kleiner. Jy word kleiner in alle opsigte.

  1. Afrikaner-kinders word in Engelse skole gesit om hulle ʼn voorsprong te gee.

Ek is jammer, maar daar is geen voorsprong hier te vinde nie. Ek hoor wel Ingels het ʼn statustaal in Suid-Afrika geword, so dis nog ʼn plek waar jy met die Jones-familie moet tred hou.

Bemeestering van jou moedertaal lei juis tot ʼn makliker bemeestering van ʼn tweede taal. Ons het in Londen feitlik niks Ingils met ons kinders gepraat nie. Ons tuisskool hulle boonop. Wat ons wel gedoen het, was om hulle van kleintyd af in Ingils te leer lees en skryf. Dis boeklees in Ingils wat jou woordeskat en jou bemeestering van die taal gaan vergroot. Op onderskeidelik agt- en tienjarige ourderdom praat hulle vlot Ingils.

Die grootste tragedie is na my mening die verwatering van die Afrikaner-kultuur van ons Afrikaner-kinders in ʼn Ingilse skool. Kultuur gee jou ʼn ankerpunt, ’n manier van dink en doen. Ons het te veel Afrikaner-suksesstories in ons midde om ons kulturele manier van dink en doen af te maak of om daarvoor om verskoning te vra.

Wat oorbly, is ʼn Ingilssprekende Suid-Afrikaner. Ek’s nie seker wat dit beteken en of dit enige voordele inhou nie.

Lekker week verder, en onthou: Aanhouer wen!

Kom luister:

 

Vrywaring: Wêreldwyd maak van medewerkers gebruik wat dan opiniestukke skryf en bydra. Die standpunte en opinies in hierdie artikels is dié van die outeurs en reflekteer nie noodwendig die standpunte van Wêreldwyd nie.

 

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest