Leesvordering:

Daardie gevoel wat jy kry as jy Afrikaans in die buiteland hoor

Mar 16, 2023

Die gevoel wat jy kry as jy Afrikaans in ’n vreemde land hoor, is iets wat ’n mens nie maklik kan beskryf nie. Jy spits eers vinnig jou ore net om seker te maak of jy reg hoor, dan begin jou hart vinniger klop as jy die rol van die r en die growwe g-klank herken. En dan stap jy vinnig en sonder enige huiwering nader om jou mede-Afrikaansprekende te groet soos net Afrikaanse mense kan.

Ons het onlangs ons AfriForum Wêreldwyd-vriende op Facebook gevra of hulle al Afrikaans in die buiteland gehoor het. Ons deel graag van hul stories hier.

  • “Ek praat Afrikaans met my kinders hier in Amerika, nou al vyf jaar lank, en so ontmoet ek mense van Suid-Afrika en selfs mense wat al in Suid-Afrika vakansie gehou het wat die aksent herken. Ons is ook nou deel van ’n groepie Suid-Afrikaners wat vriende geword het en gereeld saam kuier. Dan gesels ons so lekker in Afrikaans, dit voel soos ’n stukkie huis in ’n ander land.” – Melissa Ruch
  • “Ek het vandag gaan luister na pastoor Ray Goddess van Heidelberg en hy het tot biltong in sy preek genoem. Ná die diens het ek lekker met twee ander Suid-Afrikaners van Port Elizabeth gesels. Vanmiddag het ek in Spinnaker Tower in Afrikaans gesels. Heerlik om oral Afrikaans te hoor, tot hier in Portsmouth in die Verenigde Koninkryk.” – Ronel van Zyl
  • “’n Paar jaar gelede staan ons soos gewoonlik in die London Eye en gesels (toe ons nog in die besige plek gebly het) toe ’n jong meisie hier langs my vra: ‘Wil oom nie asseblief ’n foto van ons twee neem nie?’ Dit was verrassend en aangenaam.” – Anton van Zyl
  • “Ons het ’n paartjie in Oostenryk in die sneeu raakgeloop. Hulle was van Pretoria. Ek is lief vir my taal.” – Madeleine Scheepers
  • “Ons hoor baie Afrikaans in Kanada. Dit bly spesiaal, selfs ná 23 jaar. Dis amper onmoontlik om verby te loop sonder om te groet en ’n bietjie te gesels.” – Alet le Roux
  • “Die beste is: Jy hoor dit maar sê niks, en as hulle iets snaaks sê, lag jy hardop vir daardie gesigsuitdrukkings.” – Simon Poysden
  • “Dit is ’n hemelse gevoel.” – Menesie Keiter
  • “Oor die algemeen is dit die lekkerste gevoel om mense te hoor Afrikaans praat en om met hulle te begin gesels. Ek het egter eenkeer toe ek nog ’n au pair in die VSA was die fout begaan om op die trein in Afrikaans oor mense te skinder. Toe klop ’n tannie my so op my skouer en vertel my mooi dat sy alles verstaan het.” – Martie Van Zyl
  • “Ek was in die Kongo vir ’n projek en het op die lughawe al verdwaald gevoel. Toe kom daar ’n Toyota Cruiser aan en ek hoor die Klipwerf Boereorkes speel, en ’n witbaardoom klim uit en roep: ‘Boeta, klim hier by my in!’ Ek was so dankbaar om my taal in die middel van Afrika te hoor.” – Jandelarey Janse van Rensburg
  • “Dis ’n wonderlike gevoel. Ek praat sommer dadelik met die mense en almal was nog altyd baie vriendelik.”– Estelle van Schalkwyk
  • “Ek het dit beleef tydens ’n kuier by ons kinders in Vancouver, Kanada. Ons was die oggend by ’n meer, het daar gestap en heerlik in ons taal gekuier. ’n Jong dame het ons met ’n groot glimlag in Afrikaans gegroet en net daar het ons aan’t kuier geraak. Hoe lekker was dit nou nie.” – Marietha Graham

Skryf vir ons

Het jy al ’n vreemdeling gehoor Afrikaans praat in die buiteland? Wat was jou reaksie? Deel jou staaltjies met ons in die kommentaar of skryf vir ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest