Leesvordering:

Dapper Media 2021

Jan 15, 2021

Deur Jeske van der Walt

2020 is verby en in ons truspieëltjie. Ons is dankbaar vir alles wat ons as span verlede jaar bereik het; vir al die harde werk, vasbyt, oëtoeknypoomblikke, genade, ondersteuning en saamwerkgeleenthede. Ons het in 2020 baie geleer en gegroei en is reg om 2021 met albei hande aan te pak!

Vanjaar het ongelukkig afgeskop met verdere COVID-19-regulasies, hartseeroomblikke, bekommernisse en baie onsekerheid. Ons gaan hierdie uitdagings egter as ’n geleentheid gebruik – ons is van voorneme om steeds in 2021 al ons beplande projekte aan te pak en voort te gaan om gehalte-inhoud aan mense te lewer wat op ons platform gestroom gaan word.

Ons is hard aan die werk met Byt & Buskruit se derde seisoen – dit gaan ’n seisoen propvol nuwe avonture wees met nuwe gaskunstenaars en nuwe invalshoeke! Ons beplan om die land te deurkruis en ook ’n bietjie anderkant die landsgrense te gaan kuier. Daar lê vir ons kykers spannende jagervarings voor, asook interessante hengelekspedisies, om nie eers van die heerlike disse te praat wat ons weer gaan voorberei nie!

Verder is ons besig om saam met die toerbroers Andries en Wiaan te werk aan ToerBroers se tweede reeks. Kykers gaan weer eens op ’n avontuur van ’n leeftyd geneem word. Die manne loer onder meer by bekende Suid-Afrikaanse veeartse in om meer te leer rondom bewaringspogings van allerhande bedreigde spesies. Hulle stel ook ondersoek in na die impak van die COVID-19-pandemie op die toerismebedryf en hoe selfs groot toerismebestemmings soos die Nasionale Krugerwildtuin moes aanpas om te oorleef. Tussendeur probeer hulle ’n bok of twee skiet – of daar raakgeskiet word sal julle maar moet wag en sien! En dan natuurlik is die hoogtepunt van die reeks die 3 Lande, 7 Dae-Toerbroerstoer na die Nasionale Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek saam met ’n groep Suid-Afrikaners wat vir vet pret gaan sorg!

Maar dit is nie al nie. Daar gaan verskeie nuwe programme op Dapper Media se platform te sien wees, waaronder Dapper Sessies, ’n musiekprogram, asook nuwe episodes van die gewilde program Kritikus. Daar is ook musiekvideo’s in die pyplyn vir 2021 en vele meer!

Hou die spasie dop en volg Dapper Media op Facebook en Instagram vir meer inligting. Besoek ook gerus ons webtuiste by www.dappermedia.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest