Leesvordering:

Den Haag – ‘n stad wat so gesellig soos ‘n dorp voel! deur Alana Bailey

Jan 14, 2016

In Desember 2015 het ek Nederland en België namens AfriForum besoek. Die meeste van die tyd was Den Haag die “basis” waar ek tuisgegaan het.

Foto: Alana Bailey

Den Haag, ook bekend as ‘s-Gravenhage of The Hague in Engels, het net meer as ‘n halfmiljoen voltydse inwoners. Ou en nuwe geboue vorm hier ʼn mooi geheel.

Foto: Alana Bailey

Dit is die setel van die Nederlandse Parlement.  Die Binnehof is die area waaromheen die stad ontstaan het – die Riddersaal daarbinne dateer uit die 13de eeu.

Van Den Haag is dit maklik om na ander Nederlandse stede soos Amsterdam, Rotterdam, Delft, Leiden en selfs ook België te reis.  Anders as Amsterdam, word Den Haag nie oorstroom deur toeriste nie.  Tog is daar om elke hoek en draai ʼn verrassing …

Foto: Alana Bailey

Dalk loop jy Kersvader en sy takbokke raak in Denneweg. Dié straat is beroemd vir sy vyf hoogtepunte: Gesellige eet- en drinkplekkies, lewenstylwinkels, modeboetieks en skoonheidswinkels.  Of jy kosbare antieke porselein of langspeelplate wil koop, dis die straat vir jou!

 

 

Met die waarde van die rand wat gedurig tuimel, is daar gelukkig baie mooi tonele wat jou aandag van die verleidelike winkels aflei, soos romantiese bruggies oor die kanale, swane en interessante kunswerke!

Foto: Alana Bailey

Elders klink die klanke van ʼn ou draaiorrel bo die klip-klop van die perd wat dit trek, se hoewe uit.

Foto: Alana Bailey

Op die nat en reënerige Saterdag het meer as ‘n duisend mense stil deur die strate gestap om teen aborsie te betoog.  Hulle is deur berede polisie begelei.

Orals is tekens van Kersfees … van die rooi tapyt en reuse Kersboom in De Passage, die oudste winkelsentrum in Nederland wat uit 1885 dateer en ʼn UNESCO-monument is, tot op privaatwonings se deure.

Foto: Alana Bailey

Selfs die winterkoue kan nie die skoonheid van die stad wegsteek nie.  Toeriste swig maklik voor die sjarme van Amsterdam, maar as jy ooit in Nederland kom, moenie weggaan sonder om tyd in Den Haag te gaan spandeer nie!

Foto: Alana Bailey

Hoewel dit ‘n stad met al die geriewe is waarvan jy kan droom, het dit die gesellige atmosfeer van ‘n dorp.  Snuffel deur die winkels, gaan groet Vermeer se Meisie met die pêreloorbel in die Mauritzhuismuseum of skrop nes op ‘n plein en bestel vir jou krokette en iets warms om te drink.  Jy sal amper wens jy kan altyd hier bly!

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest