Leesvordering:

Desperate VK-reisvrae deur Suid-Afrikaners

Apr 11, 2017

Die konsultante by Breytenbachs Immigration kry gereeld desperate pleidooie van Suid-Afrikaners vir dringende hulp met hul VK-reisdringendhede. Ons het vervolgens ’n kort riglyn as verwysing saamgestel, sou jy ooit self in een van hierdie ongelukkige situasies beland.

Dringende reis na die VK

Die Britse Hoë Kommissariaat in Suid-Afrika verwerk normaalweg besoekersvisums binne 4 weke van die datum wat jy jou visumaansoek indien. Dit is dus baie belangrik dat reisigers vooruit beplan om teleurstelling te voorkom.

Gelukkig het die Britse Hoë Kommissariaat wel ’n prioriteitsdiens beskikbaar, maar teen ’n addisionele koste. Hierdie prioriteitsdiens verwerk die besoekervisumaansoeke binne 5 werksdae.

Betaling van dié prioriteitsdiensfooi waarborg nie dat jy ’n visum toegestaan sal word nie, en alle nodige vereistes moet steeds aan voldoen word. In hierdie opsig moet ’n mens in gedagte hou dat toeristevisumaansoeke nieterugbetaalbaar is. Sou jou toeriste­visumaansoek onsuksesvol wees, sal jy jou visumaansoekfooi verbeur.

Aansoekers wat van die prioriteitsdiens vir besoekers gebruik maak en voorheen deur die Britse Hoë Kommissariaat vir ’n visum afgekeur is, moet kennis neem van die feit dat die prioriteitsdiens in hulle geval langer as 5 werksdae kan neem.

Paspoorte met te min bladsye

Indien jou paspoort nog nie verval het nie, maar nie genoeg leë bladsye het nie, is dit ongelukkig nie moontlik om net bladsye by te voeg nie!

Jy sal vir ’n nuwe paspoort moet aansoek doen. Vir die VK-toeristevisums beveel ons aan dat ’n mens ten minste twee skoon bladsye oor het.

Dit is dus weereens belangrik dat ’n mens vooruit beplan en seker maak daar is genoeg bladsye in jou paspoort.

Paspoorte wat verval het

Indien jou paspoort verval het, sal jy vir ’n nuwe paspoort moet aansoek doen. Strydig met wat sommige mense glo, is daar nie meer ’n noodreisdokument beskikbaar nie.

Gelukkig is paspoortaansoeke deesdae relatief vinnig en kan tussen 2 en 4 weke neem, maar ons wil weereens beklemtoon dat ’n mens nie kanse moet waag nie en altyd moet verseker dat jou paspoort geldig is, sou jy ooit nodig hê om in die geval van ’n noodgeval te reis.

Gesteelde of verlore paspoorte in die VK

Sou jy ooit self in die ongelukkige situasie beland waar jou paspoort in die VK verlore raak of gesteel word, sal jy dit moet rapporteer by ’n plaaslike polisiestasie.

Sodra jy ’n saaknommer het, kan jy na die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat gaan wat jou sal bystaan om vir ’n nuwe paspoort aansoek te doen. Jy mag afskrifte van jou huidige status in die VK benodig.

Indien jy enige dringende VK-reisvrae het, meer oor langer termyn VK-besoekersvisums wil uitvind, of wil hê dat ons jou met jou aansoek bystaan, kontak ons gerus vandag nog! Breytenbachs Immigration het twee filiaalkantore in Pretoria en Kaapstad. Besoek gerus vandag www.bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest